Wednesday, March 5, 2014

Jesus wil he ons moet Hom volg


Die ouer maats begin vandag weer apart van ons, want hulle is besig met die voorbereiding vir die Paasspel, maar die kleintjies geniet die worship so op hulle eie ook.
Page1

Welkom vir nog 'n nuwe maatjie Gerhard wat nuut in die land is.  Kyk net hoe lekker word daar gesing.

Page2

Ons goggas is besig met 'n studie "Jesus help" en vanaand gaan die lessie oor Help ek is bang!
Page3

Die tannie vertel vir ons dat Jesus altyd by ons is, selfs as ons bang is.  Ons maak ook klein bootjies soos wat die disipels ingevaar het toe hulle bang was en na Jesus geroep het.
Page4

Die wurmpies kyk na die laaste stukkie van die Jesus fliek en praat vanaand oor groei in ons verhouding met Jesus en hoe ons hom moet gehoorsaam en volg.
Page5
Hulle maak plakkate met die akroniem vir POWER om uit te wys wat ons moet doen om ons verhouding met Jesus te laat groei.
Page6

In ons middelgroepie is tannie Heleen nie vanaand daar nie en tannie Lenie neem die groepie waar. Hulle gesels oor Jesus wat opgestaan het 3 dae nadat Hy gekruisig was.
Page8

Hulle maak boekmerke om vir Jesus dankie te se dat hy vir ons sonde gesterf het.
Page9
Ons tieners moet vanaand 'n toring bou met die goed wat verskaf word. Die groep wat die hoogste, mees stabiele toring bou wen.
Page10
Ons praat hoe mens vooraf moet beplan en dan by die plan bly en ook hoe meer mense die planne beinvloed, hoe moeiliker is dit om te beplan en bou.
DSC_0093

Tydens die besprekings praat hulle oor Jesus wat vir die disipels gese het dat hulle die gevolge moet tel (count te costs) of 'n disipel te wees. Die skrif kom uit Lukas 14:25-35. Hulle eindig met die opsomming dat om 'n volgeling van Jesus te wees, sal ons gewillig moet wees om goed op te gee soos die Bybel se.
·    





No comments: