Chane sing lekker saam.
Marcelle sing God is Big.
Nicholas en Liam sing en wys "Lees jou Bybel, bid elke dag".
Ons luister na die storie van Noag in die Ark en Nicholas verduidelik mooi die storie terwyl Christiaan luister.

Ons maak 'n reenboog met wolkies is ons nie oulik nie?
Corne oefen sy kruip en binnekort is hy deel van ons

Ons maak soet eetgoed Bybels en tannie Charmaine vertel dat die Woord net so lekker en soet is soos die eetgoed. Nicholas geniet syne

Christiaan dink diep terwyl hy eet

Liam geniet die koekie Bybel net so skoon

Marcelle dink ook dis baie lekker

Channe los die koekies sodat sy mooi vir die kamera kan glimlag

Daleen hou die "blaaie" vas terwyl sy eet.
Volgende week doen ons handwerk en ek hoop die ander maatjies sal ook kom bywoon
Altwee hierdie maatjies is hier in Abu Dhabi gebore en het ons van kleins af by ons in die kindergroep gehad. Dis glad nie maklik om vir julle ouens, Ansie, Francois, Liana en Mia totsiens te sê nie. Ons gaan julle verskriklik mis.

































