Wednesday, October 29, 2008

Skuus ek's bietjie laat met hierdie week se foto's, maar mens besef eers hoe nodig mens 'n rekenaar het vir goed as jy dit nie het nie. Maandagaande se lofsang met hierdie groepie kinders is altyd so besonders. Hier is hulle besig om Jabulani te sing. Kyk hoe sterk maak God hulle almal! Na die sang kyk ons 'n langer as gewoonlik stukkie van ons storie oor The Lion, the with and the wardrobe en sien hoe verskillend die vier kinders met situasies deel. Ons sien en praat oor die verskil tussen "Wants" and "Needs". Ons leer ons bybelversie en die kinders pak die kaartjies uit om te sien of hulle dit ken. Hierdie groep was eerste klaar. Thomas is nie te klein om vir die meisies te wys waar hy dink die kaartjie moet gaan nie. Mnr Beaver het vir die kinders brood, vis en aartappels gegee in Narnia en die groep kry ook aartappels (mini-pringles), broodjies (kaasstokkies) en vis (kaasbeskuitjies). Kyk net vir Liam en Clark, wat sal die gesiggies se? Is Claudia opgewonde oor die eetgoed of is dit ons uitstappie na Dreamland waterpark, wat op 15 November plaasvind? Onthou maats julle inskrywings en vrywaringsvorms moet volgende week in wees!

No comments: