Monday, January 12, 2009

Ons begin weer

Na 'n lang breuk waar baie van ons maats of in SA of hier saam met familie gekuier het, was dit eindelik weer tyd vir ons Kindergroep om te begin. En was dit nie lekker om al die gesiggies weer na die vakansie te sien nie! In Desember het nog twee tannies aangemeld as groepleiers en toe moes ons al geweet het, Vader het 'n groot plan met ons groepe hier in die UAE ons moet net glo en vertrou. Alhoewel 'n bietjie verroes, het die maats gou-gou opgevang met die liedjies en lekker die bewegings uitgevoer. Wat sal ek se tannies .... die sit en opkom is maar moeilik :-). 'n Paar van ons dogters aan die sing en heel links is 'n nuwe maatjie Toinette. Haar twee boeties Sybrandt en Jaco was ook by die groep. Welkom by ons! Voor regs is Stella wat van Ethopie by ons kom kuier het en sy sing ook lekker saam. Omdat ons nie seker was van die lokaal vandag nie, het ons net 'n instaan-les en ons kyk na 'n DVD-storie "Donkey Talk". Daarna gaan ons na ons groepies. Die twee nuwe tannies wat gaan help. Tannie Elizabeth gaan met die heel kleintjies werk en hier sit sy met twee van hulle en tannie Sunet gaan met die 5 - 7 jariges werk. Ek hoop dat al die ander maatjies ook binnekort sal terugwees om saam te kuier, speel en leer.Hier werk hulle baie hard aan hulle diertjies met die klei en kyk hoe trots lyk hulle op die eindresultate. Die 9 - 11 groep is ook 'n mooi klompie vanaand en tannie Charmaine lyk heel in haar skik daarmee. Daar is 5 seuns tussen 12 - 14 en hulle praat oor hoe God enigiets selfs donkies gebruik het om 'n boodskap te gee. En dat Hy met ons praat op verskillende maniere. Vir die foto kon ons darem twee van hulle stil en gesit kry.

No comments: