Thursday, January 15, 2009

'n Life Savers les

Dis altyd so lekker om ons kinders na 'n vakansie te sien en alhoewel daar heelparty besig was met 'n toetsreeks by die skole, het ons gereelde maats nog steeds opgedaag. As daar een ding is wat hierdie groep kan doen - dan is dit sing en dans - en altyd met soveel ywer en oorgawe. Dit mag dalkies snaaks lyk maar hier is hulle besig met 'n liedjie waar hulle 'n lyndans doen. Eintlik moet ek vir julle die woorde ook gee ... sal dit nog doen. Hier wys hulle dat daar net een manier is om in die Hemel te kom ! Ernstige bewegings wat die tannies heeltemal kan knoop word hier uitgevoer. Ons sluit af met 'n rustige liedjie Jesus is the Rock waar die bewegings die "gebaretaal" van die dowes is en dit maak die liedjie net meer spesiaal. Die les vanaand is die "Life Saver Story" en die kleure in die life savers lekkers, rooi (John 14:6), wit (Joh 3:16), geel (John 10:10b) , groen (2 Pet 3:18), en oranje omdat ons bly is om gered te wees, word gebruik om te boodskap te gee. Die klompie besig om Life Savers in te kleur. Tannie Heleen is hier besig om die Bybelversie Rom 5:8 te plak sodat die kinders dit kan leer deur "hopscotch" te speel. Terwyl die kinders hop oor die vierkante met woorde se hulle die deel van die versie wat daar geskryf is.


Die tieners begin vanaand met hulle nuwe boek "To go where God wants you to be" (Starting) en in ons les word die vraag "What on earth am I here for?" gedoen en dit lok sommer 'n baie lekker bespreking uit. Ons leer 'n paar geheime van mekaar (wat niemand ander weet nie). Die versie Matt 22:37 gee ons die antwoord op ons vraag.

No comments: