Monday, January 19, 2009

Ons word geestelik fiks

Ons het weer 'n mooi klompie kinders vanaand gehad en alhoewel almal se ouers hulle nie gebring het nie, het ons heerlik saamgekuier en gesing. Hier is ons drie van ons jongmanne besig met Stapsoldaaitjie. Lutke van der Merwe, reg in die middel is hier vir die eerste keer en hy sing sommer lekker saam. Hier's 'n paar sterk jongmense en Liam verkyk hom aan die groot kinders se "spiere". Nog 'n lekker liedjie en Tonette wys sy het sommer gou opgevang met die woorde en bewegings. Tannie Charmaine wys saam die bewegings en almal werk mooi saam. Die kleintjies luister vanaand na tannie Sunet wat vertel van die storm op die see. Hoe die dissipels saam met Jesus was toe die storie uitbars en hoe bang hulle geword het, net soos ons partykeer. Hulle kleur mooi prentjies van Jesus en die dissipels in. Die groter kinders neem deel van die "Olimpiese Spele" en tannie Charmaine verduidelik die reels. Daar word diskus gegooi word papierborde. Spiesgooi met strooitjies. Vergespring en gewiggestoot. En glo my dit mag dalkies vir julle maklik klink maar dis moeilik en mens kan nie sonder om te oefen goed doen nie. Ons les gaan vanaand oor die feit dat ons tyd in God se gimnasium moet spandeer om geestelik fiks te bly. Hier is tannie Charmaine besig om vir een van die groepe daarvan te vertel. Die wenners van ons Olimpiese spele was .... tweede, Wayne van Heerden en in die eerste plek hieronder is dit Sybrandt van der Spuy. Geluk ouens! Ons versie vir die aand is 1 Timoteus 4:7-10 "Maar van onheilige en sinlose vedigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe. Om jou liggaam te oefen het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en vir die toekoms. Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word."

No comments: