Wednesday, March 4, 2009

Afrikaanse kerk in UAE word drie jaar oud

Die afgelope naweek het die Afrikaanse Kerk in die UAE 'n hele drie jaar oud geword en ons het 'n groot gemeente saamtrek in Sharjah gehad. Van al die emirate het die mense gekom vir 'n diens en spitbraai na die tyd. Ons kinders het hulle eie program gehad en hier kom ons bymekaar om 'n bietjie te sing voor die tyd. Om hierdie klomp in 12 groepe gedeel te kry was omtrent 'n uitdaging. En toe het die speletjies 'n versie-boeresport begin!! Hier is 'n paar van ons kinders. Hierdie klomp mos touspring terwyl hulle 'n versie leer. Hulle loop op voetspore in met woorde van die versie en so word dit geleer. Die twee wag hulle beurt af met die drie-been resies. Nicholas konsentreer hard op die sak boontjies op sy kop terwyl hy stadig stap terwyl hy sy versie leer. Liam kyk hierdie besigheid goed deur. Leer terwyl jy springtou spring is nie maklik nie en ek sou ook gesukkel het. Tionette help met die draai van die tou. Tannie Vicky verduidelik mooi hoe die balletjies in die emmer gegooi moet word terwyl die kinders mooi kyk en luister. Wanneer laas het julle so gespring? Kyk net hoe oulik kry die kleinding dit reg. Hierdie kleintjies het heeltyd saam met hulle groepie geroteer en ook partygoed probeer doen. Nika wag haar beurt af met die touspring. Hierdie manne is reg om te wys hulle kan goed spring en die versie tjoef-tjaf leer. Jean wag vir die volgende groep en bere solank die pyltjies op 'n veilige plek. Dis moeilik om die bal te gooi as mens so klein is en die woorde te onthou. Klein Adam is heel in sy skik met die ballon. Minette wys vir ons sy kan hoela-hoop. Sybrandt laat ook nie op hom wag nie. Danielle kry die ook baie goed reg. Toinette leer nog gou 'n laaste versie voordat ons gaan kyk watter maat onthou die meeste vir 'n prys. Tannie Rensia kyk wie ken die meeste versies. Ons sluit af met die tieners wat vir ons 'n liedjie sing!!
Dankie tannie Rensia vir die leiding neem met hierdie groot reelings. Ons waardeer en het dit baie geniet!

No comments: