Sunday, March 1, 2009

Vreugde, vrede en oorgee

Nie 'n groot groepie kinders vandag nie, maar aan geesdrif ontbreek dit nie. Ek kry nooit kans om die tieners so in aksie af te neem nie, so hier is 'n foto van paar van hulle. Ek was beindruk hulle is heel gekoordineer :-).Selfs die seuns is nie so mal oor die foto's nie en kyk net hoe geniet hulle dit! Die twee dogters teen die muur het vanaand net kom kuier.
Die sjef het 'n langstorie van hoe al sy planne vir vanaand skeep geloop het. Hy wou baie graag 'n lemoenkoek vir ons bak maar dinge het maar net nie uitgewerk nie.Hy wys darem nog vir die kinders hoe om vars lemoensap op die ou manier uit te druk. Hy vertel vir hulle dat alhoewel dit nou nie koek is nie, is die sap baie lekker en ook gesond.Tannie Heleen proe ook hoe dit smaak. Net so is die tweede en derde vrug van die Gees, vreugde en vrede - hoe kan mens vreugde en vrede he al werk dinge nie altyd soos ek dit wou gehad het nie. Baie keer hang ons blydskap af van die manier hoe mense ons behandel of wat met ons gebeur maar wats gebeur as dinge nie gebeur soos wat ons wil he nie. Wat word van ons blydskap, is ons dikmond, ontevrede en wys ons ons is ongelukkig? Ons speel ook 'n hersinningspeletjie met vrugtekaartjies. Almal kry lemoene vir verversings met vreugde-vlaggies aan - 'n spesiale boodskappie vir elkeen. Die tieners doen vanaand "Surrendering your life to honor God". Na die tyd kom loer Lizel en Devin wat die kleintjies doen.

No comments: