Ons het 'n mooi klompie kinders vanaand en daar word lekker gesing en praise. Kyk net hier.
Hierdie klein mannetjie Liam is een van ons voorsangers en geniet die singery baie. Luister net bietjie...
Ons kleintjies se tannie kan ongelukkig nie dadelik daar wees nie en tannie Sanet bied aan om solank vir hulle 'n storie te vertel en aktiwiteit te laat doen. Dankie Sanet! Dis besig om die tafel toe hulle vir Jona en die walvis moet teken. Die groter kinders is vanaand 'n lekker groep en hulle is nog steeds besig met Amazingrace en vanaand is dit "Asem in, asem uit". Vir die praktiese gedeelte deel ons in twee spanne en moet elkeen met sy strooitjie kyk hoeveel water hy/sy kan drink sonder om asem te haal. Hierdie twee spring weg en moet nog die bottel ook oopmaak. Dan moet mens diep asem intrek en drink. Ook seker maak jy vat die regte grootte strooitjie dat die een wat laaste kom die langste een het ... ander kom jy nie by die water nie. Jean lig sommer die bottel op om beter te kan drink. Julle moet so probeer drink en dan sal julle sien dis nie so maklik nie want mens raak gou kort asem. Verlede week het ons geleer van asemhalingsoefeninge om fiks te bly vir die geestelike wedloop. Vanaand luister ons na 'n verhaal van 'n profeet wat gesukkel het om fisies sowel as geestelik asem te haal.
Wanneer ons ons sonde bely is dit soos om vuil koolsuurgas uit te asem en wanneer die Here ons vergewe het, is dit soos om skoon suurstof in te neem.
No comments:
Post a Comment