Uiteindelik breek ons kamp, waarna ons almal so uitgesien het aan. Soos julle weet het alles stories en my kampstorie is net van dit waarvan ek weet --- onderlangs tussen ons kinder en volwassenes was daar nog 'n klomp ander stories wat ek hoop aan pa, ma, ens. vertel word. Van alles kon ook nie foto's geneem word nie, maar hier is my kamp-foto storie ...... Al Ain, Dubai, Sharjah en Abu Dhabi vertrek elkeen van hulle onderskeie punte en orals word probleme met die busse ondervind .... hulle daag amper nie op nie, hulle verdwaal, wag vir ons by verkeerde plekke, en is sommer baie laat.'n Rugbybal en Springbok trui wys wie ons is en as dit nie vir die padteken met arabies op was nie, kon mens amper dink ons is by die huis. Ruhan en Marnus oppad bus toe.Nog voordat ons kamp begin, is die program al klaar agter, maar die kinders is wonderlik. In Abu Dhabi vind die opklim seepglad plaas, met ons kinders wat vol energie en geesdrif is. Moet ek of moet ek nie? Sybrandt dink diep voordat hy opklim.Abu Dhabi .... al 27 van ons, is gereed en reg om te vertrek. En was dit nie lekker om al die maats van verlede jaar weer te sien nie en gou-gou sal mens nooit se dat meeste van hierdie 86 kinders mekaar net een keer 'n jaar op 'n kamp sien! Om Sekkie doen 'n kenmekaar speletjie waar ons verskillende opdragte soos: Groet iemand, Se hallo tot iemand vir jou glimlag, gee iemand 'n drukkig, soen iemand op die wang, skree saam met iemand "die lewe is lekker" ens. doen en daar is omtrent 'n gelag en gegons soos die kinders hieraan deelneem. Maar nie almal nie, dis hierdie man se eerste kamp en hy's een van die kleintjies wat net so tussen aktiwiteite bietjie rus :-). Ons tema van die kamp is Vorentoe 2009 en ons lessies gaan oor Efesiers 6:11 van die wapenuitrusting en hoe om 'n Soldaat vir Christus te wees. Ons kry 'n oorsig van die tema, ontmoet Romanus die soldaat wat vir ons nog baie stories gaan vertel en tannie Charmaine vertel vir ons van die Twee koninkryke, want om die vyand te verslaan, moet ons weet waaroor dit gaan. Dan is dit weer tyd vir "sports" en ons word in 4 spangroepe ingedeel. Elke span kry kans om vir hulle 'n naam te kry en kreet te maak. Hier is twee van die spanne. Dit raak al laat maar dis nog heerlik warm buite en ons spanne kry kans om hulle eerste aktiwiteit oor "spanwerk" en "saamwerk" te doen. 'n Motorband kan swaarraak na 'n entjie se hardloop en dan is saamwerk en help baie belangrik. Die kinders is nog glad nie reg vir slaap nie en die volwassenes is 'n paar uur oor hulle slaaptyd, maar eintlik in die vroee oggendure daal daar 'n stilte oor die kamp. 'n Besige dag le voor en daarvan vertel ek julle weer in 'n paar ander blogs .... kom loer gereeld in en los bietjie vir ons kommentaar dat ons weet julle het gekuier.
2 comments:
Ag dit was 'n geseende kamp! Baie, baie sterkte en seen met julle werk!
Dit klink lekker. Wanneer hierdie twee kan loop, sal ons ook deel wees van die kampery ;-)
Post a Comment