Net 'n kort naggie en ons is reg vir 'n besige vol dag van bedrywighede. Groot en klein sing lekker saam. Ons maak gereed vir ons eerste lessie van die dag. Romanus vertel vir ons hoe die Romeinse leer ingedeel was , gee meer inligting oor 'n legioensoldaat en hoe die soldate toegerus en gekleed was. Hy vertel ook wat die doel van die soldaat se gordel was. Oom Greg se lessie is "Die Gordel van Waarheid" en met 'n paar praktiese voorbeelde. Glo in die waarheid, die waarheid ken en die waarheid praat. Ons kinders moet in Jesus glo, en die waarheid en kies om die waarhede in die Woord te leer ken en gehoorsaam. Ons doen ook aktiwiteite in ons klein groepies en dan is dit weer tyd vir "sports". Die spanne maak kringetjies en moedig mekaar aan om elkeen hulle deel by te dra. Twee van die spanne ding mee in die volleyball en die kompetisie is kop aan kop. Dit terwyl die ander twee spanne hulle krieketwedstryd aan die gang het. Luandi slaan die bal mooi vir 'n lopie of drie. Die groepleiers, ondersteun die kinders. Daar word ook seker gemaak dat daar genoeg drinkgoed in die hitte is. Na 'n vol oggend --- terloops ons het al 6 uur opgestaaan ---- is dit tyd vir 'n lekker laat ontbyt (brunch). Marcelle se hande is vol en dis 'n slegte tyd om agter te kom hy het vergeet om messegoed in te pak :-). Hoeveel suiker wil jy oor jou pap he? Marnus en 'n maat met die suikerpot. Tannie Elize het jy nie 'n papbord gebring nie? Mens kan mos nie sommer die pak vat nie. Die klompie sit lekker en kuier en eet. Die lemoen smaak lekker. Hierdie klomp gesiggies ken ek .... Kyk ek eet gesond se Ruhan. Nog 'n groepie wat mekaar rondom die ontbyttafel leer ken. Van Abu Dhabi se kleiner kinders eet saam. Die tannies eet uit een bord .... of .... tannie Rensia eet alleen. Behalwe vir Nadine en Wilco, dieselfde groepie op dieselfde plek besig om dieselfde ding (eet). Ons seniors eet ontbyt! Maar die dag is nog lank nie verby nie so kom loer weer vir nog foto's more.
No comments:
Post a Comment