Showing posts with label Elriza. Show all posts
Showing posts with label Elriza. Show all posts

Monday, November 29, 2010

Nuwe uitreik op Sir Baniyas eiland

Die afgelope naweek het ons ook 'n uitreik op die eiland Sir Baniyas gehad en die eerste Afrikaanse kerk- en nagmaaldiens daar gehou.

Page4

Die diens is gelei Elriza wat ook saam met Lore die worship gelei het. Van ons jong volwassenes het ook die geleentheid bygewoon.

Dit was 'n wonderlike geseende geleentheid en die begin van nog baie ander dienste daar.

Sunday, February 28, 2010

Grootste Avontuur en Diepste Romanse

Na die kamp het ons nog 3 geleenthede gereel waar Elriza met die snr tieners kon kuier en hierdie keer rondom die onderwerp wat tieners in belangstel ~ romanse :-). Sy het bietjie van haarself en daarna vir die jongmense vertel watter wonderlike verhouding ons met God kan he en hoeveel avontuur daar is as ons wel so 'n verhouding het.

Page1

In Al Ain het die jongklomp heerlike sit en sing, na haar geluister en saamgepraat. Daar was ook na die tyd 'n geleentheid vir jongmense om met haar te praat.

Page1

In Abu Dhabi het die klomp 'n uur voor die tyd al begin sing terwyl die klankstelsel getoets word en hulle wou ook op die einde die koordans saam met Elriza doen. Daar is ernstig geluister en geesdriftig saamgepraat oor die onderwerp.

DSC_0011a

Natuurlik was die klomp van die kamp ook daar ...

Page1

In Dubai was dit dieselfde onderwerp en geesdrif tydens die worship. Elriza moes meer as een liedjie sing dat hulle kon luister.

DSC_0016

Die klomp wat ook op die kamp was.

Dankie Elriza vir die manier waarmee jy met ons jongmense en "ou tannies" gepraat het, vir jou getuienis en voorbeeld. Dankie ook dat Vader deur jou met ons kosbare jongmense kan werk.