Showing posts with label Baniyas uitreik. Show all posts
Showing posts with label Baniyas uitreik. Show all posts

Monday, April 4, 2011

Sir Baniyas April diens

Met die weer wat deesdae so winderig is, was ons baie verlig om die boot te kon kry eiland toe vir die maandelikse diens.


DSC_0036


Hierdie keer het ons met twee klein motorbote gegaan en was omtrent rondgeskud met die branders en wind - en dit was so lekker :-). Carol op die eiland het 'n mooi tafel met veldblomme reggehad vir die diens. Dit is elke keer lekker om almal daar weer te sien.


Page1


Elriza het 'n baie besonderse Paas- en Nagmaal diens gelei en saam met haar en Jana se worshp, was dit 'n baie geseende diens.


DSC_0182


Natuurlik is daar na die diens geeet en diere gekyk en ons was baie dankbaar vir die mooi klompe jong volwassenes wat saamgegaan het eiland toe.


Ons volgende diens op die eiland is in Mei en as julle wil saamgaan, kontak my.

Monday, December 27, 2010

Kersdiens op eiland

Ons het ook die geleentheid gehad om 'n Kersdiens op Sir Baniyas eiland te gaan hou.

DSC_0076

'n Klompie van die jongmense het ook saamgegaan.

Page2

Alhoewel baie van die werkers bietjie na hulle tuisland toe is vir Kersfees het nog 'n mooi klompie opgedaag vir die diens.

Page3

Na die tyd is daar lekker gekuier en gesels en planne gemaak vir die volgende diens.

Weereens 'n wonderlike tyd saam met die mense op die eiland en 'n geseende boodskap wat Elriza met ons gedeel het.

Monday, November 29, 2010

Nuwe uitreik op Sir Baniyas eiland

Die afgelope naweek het ons ook 'n uitreik op die eiland Sir Baniyas gehad en die eerste Afrikaanse kerk- en nagmaaldiens daar gehou.

Page4

Die diens is gelei Elriza wat ook saam met Lore die worship gelei het. Van ons jong volwassenes het ook die geleentheid bygewoon.

Dit was 'n wonderlike geseende geleentheid en die begin van nog baie ander dienste daar.