Showing posts with label tieners2012. Show all posts
Showing posts with label tieners2012. Show all posts

Sunday, February 26, 2012

Ons kies om in Jesus te glo

In erge sand en wind is baie van ons maats vanaand by die groep.

Page1

Ons begin soos gewoontlik met lekker saamsing en worship.

Page2

Dis vir my altyd so lekker as van ons jongste tot oudste saam worship.

Page3

Ons Verkleurmannetjies is ampertjies klaar met hulle groep en hulle doen vanaand die kleur Wit en hoe Paulus God se kind word. Die tannie vertel van Paulus wat oppad was Damaskus toe en hoe hy nadat hy ook blind geword het, Jesus gekies het.

Page4

Dis vir my so wonderlik om te sien hoe God alles beplan want net verlede week het hy nie net die boodskap vir die tieners tydens die diens gehad nie, maar ook in die volwasse diens. Ons moet kies om in Jesus te glo.

Page5

Die middelgroep wat stap deur die bybel hoor ook weer hoe God mense na Hom toe roep

Page6

Hulle rolspel die storie van Moses.

Page7

God gebruik ander, ook kinders om hulle te roep om ander te help net soos God vir Moses ook geroep het.

DSC_0076

Die tieners se les/bespreking gaan vanaand oor familie. Ons gesels oor wat is 'n perfekte familie, is daar perfekte families (hier het ons groot pret met rolspel gehad), hoe wys die wereld dmv oa TV wat is 'n familie, hoe hanteer hulle probleme en dan die belangrikste deel wat se God en die Bybel oor 'n familie en hoe ons moet optree.

Tuesday, February 14, 2012

Tieners by worshipdiens

Die afgelope Maandagaand was daar weer 'n geleentheid vir ons tieners om die Worshipdiens by te woon.
Daar is lekker gesing saam met die worshipspan.
Elriza se boodskap het oor Paulus gegaan en hoe om ondanks omstandighede nogsteeds blymoedig te wees.
'n Klompie vrolike tieners na die tyd - van ons ander maats was reeds opgelaai deur hulle ouers

Wednesday, February 8, 2012

God kyk na ons harte

Dis so lekker om op 'n Maandagaand al die wonderlike, vriendelike gesigte van ons kinders te sien wanneer hulle opdaag. Hierdie groep bly baie spesiaal omdat dit nie 'n kindergroep is wat bywoon terwyl volwassenes kerk, of saam met iets anders val nie. Dis losstaande van enige iets behalwe dat ons almal Jesus liefhet en so kom die kinders omdat dit juis is wat hulle doen, ons kinders is lief vir Hom!

En soos altyd het ons groot pret om Hom te loof met ons sang, musiek en danse.

Page2

Ons kleintjies leer vanaand 'n baie belangrike les, "hoe word ek God se kind" Hulle hoor die verskillende stappe en dan moet hulle legkaarte bou van die drie stappe.

Page4

Aan die einde van die les verstaan hul hoe hul God se kinders kan word en kan kies om Sy uitnodiging te aanvaar.

Page5

In ons middelgroep leer hulle vanaand hoe God elke ding vir ons beplan het dmv 'n speletjie.

Page3

Die tieners het die lekkder onderwerp "why do i care about what people think?" Met 'n aktiwiteit en 'n studie van Dawid se situasie met Goliat, leer hulle dat mense na die buitekant kyk, maar God kyk na ons harte.