Ons het al begin bekommerd raak dat al die kinders by die Afrikaanse kerk terug is huis toe, want die bywoning die afgelope drie weke was maar stadig en min. Maar vanaand was ons amper terug na normaal met die getalle en dit was so lekker om almal weer te sien.
Die maats het vinnig aan die nuwe liedjie geleer en daarna is ou gunstelinge soos Jesus Soccerstar en Carry the Light en natuurlik Stapsoldaatjie en Dawid gesing.
Ons les het vanaand gegaan oor God se beloftes aan ons. Hy ken ons, Hy is lief vir ons, Hy het vir ons sonde gesterf en God gee aan ons 'n nuwe lewe as ons Sy kinders word. Hy is die brug tussen die sonde en nuwe lewe.
Ons loop oor die brug om te wys dat ons wil Hom volg en daarna teken ons ons voetspoor met ons naam op die brug. Hier is drie klein voetjies van Saskia, Christiaan en Corne.
Van die meisies trek hulle voete af, maar nie sonder detail nie ....tipies meisie word die toonnaels in die fynste detail ook ingeteken. Marnus dink dit is baie snaaks.
Die seuns ook ernstig besig om hulle naam by hulle voete te sit. Rikus kry sy voete nie ingepas op die brug nie.
Die meisies besig met hulle aktiwiteit. Die verskillende ouderdomsgroepe doen verskillende dinge.
Die twee jongstes teken ook vir ons prentjies van hulle en God.
Hierdie kleinman, Corne kan nog nie deelneem nie, maar hy woon die hele groep stroopsoet by.
Twee van die jonger seuns besig met hulle aktiwiteit. Marnus lyk ernstig aan die werk.
Daarna sluit ons die groep af met die sing van Glory and Honor.

Ons hoop om al die maats weer volgende keer te sien!
No comments:
Post a Comment