Sunday, November 11, 2007

ECC - Tieners - Ons moet "ingeprop" wees

Met ons vorige lessie doen ons "Purpose to tell others about Jesus Christ". Ons kyk na 'n lampie en moet soveel as moontlik daaroor sê soos byvoorbeeld:



Die lampie was gemaak om lig te gee, dit kan nie lig gee op sy eie nie en die lamp moet ingeprop wees. Ons leer dat ons baie soos 'n lamp is. Ons is ook geskep om lig te gee maar dit kan slegs gebeur as ons ingeprop is by God en ons krag van Hom kry.

Ons lees Daniel 1:1-21 en werk daarna in ons boekies. Ons moet die volgende onthou....


Mense/Jongmense wat 'n begeerte het om naby God te wees deel drie gemeenskaplike dinge.


1. Hulle lees hul Bybel gereed


2. Hulle bid


3. Hulle gehoorsaam God.


Ons moet vir geen oomblik dink dat die raad outyds is nie want deur "ingeprop" by God te bly, kry ons krag vir elke dag en elke situasie van Hom.


Huiswerk vir ons volgende lessie is voltooi bl 22/23 en kyk vir ons wat beteken die woord krag.


Maandagaand gaan die tieners bowling, so kyk more middag na die inligting ten opsigte van dit.

No comments: