Maandagaand se groep was sonder tannie Charmaine wat vakansie hou in SA en die tieners wat gaan kegelbal speel het. 'n Klompie van ons kinders was nie daar nie, en ons mis hulle, maar Jumarie is terug en dan het ons ook twee nuwe maatjies bygekry.
Klein Mia en Emma is ons twee nuwe peuters (hulle is amper kleuters) en het eers alles so uitgekyk, maar gou-gou die bewegings van die liedjies saam met ons gedoen
Die groep het maar ou bekendes gesing want tannie Heleen wou nie voorstaan en die sang lei nie, ek weet nie hoekom nie. Maar die kinders was baie oulik. Liana het vir ons voorgestaan met Stapsoldaatjie en Dawid en Daleen en Jumarie vir die ander liedjies.
Ons kleintjies se eerste lessie het begin reg aan die begin by die Skepping. Hier luister hulle mooi hoe God die aarde geskep het.
Dan maak hulle 'n prentjie van alles met velt. Mia sit die voeltjies in die lug en Emma wag vir die vissies om hulle in die water te sit.
Die twee se eie prentjie met al die diere en Adam en Eva. Hulle was baie soet en het vreeslik mooi saamgewerk (dis nou Mia en Emma). Dankie Ansie vir die foto's
Ons het in die dvd gehoor van die Barmhartige Samaritaan, hoe Jesus die kinders verwelkom, en hoe 'n blinde man weer kan sien. Hier werk die ander groepie hard in hulle boekies.
Die twee dogters Jumarie en Megan, het klaar hulle boekie ingevul en wag vir die volgende aktiwiteit.
Hulle maak hul eie klein Bybels en hier help tannie Heleen vir Christiaan terwyl Liam syne uitknip.
Liana ernstig besig om binne haar Bybeltjie te skryf
Daleen s'n is klaar
Hier is Clark saam met Liam besig om te werk
Raai wie lag so lekker ......?

Ons leer hoe Jesus omgegee het vir mense en dat ons ook vir mense moet omgee. En dat Jesus spesiaal wil hĂȘ dat kindertjies na Hom toe moet kom.
No comments:
Post a Comment