Monday, November 12, 2007

ECC - Ouerbrief vir 12 November

Die weke vlieg omtrent verby en net 'n paar daggies van nou af is dit Desember. Ons gaan so 'n klein breuk vat gedurende Desember omrede baie van ons skole vakansie het, maar daaroor sal ons julle inlig in die volgende week of drie. Ons hoop egter dat tot dan ons sommer 'n goeie bywoning van ons kinders sal hê.
Nuus
Geen van ons kinders het hulle versies verlede week geken nie, te min tyd laat baie hoor. Ek weet ons het besige programme en selfs ons kinders se dae is vol, daarom sal ek nou elke week die versie vooruit gee - dan het ons maats 'n hele week om daaraan te leer en dit hulle eie te maak. Ons leer nie net die versie sodat die tannies dit kan luister nie, maar ook vir onsself en om meer van God en Sy Woord te leer. Elke Dinsdagoggend sal die versie vir die volgende week op die blok wees vir ons kinders. Ouers dankie dat u ook u kinders in hierdie verband help en ondersteun!
Ons verjaarsdag maat vir hierdie week is tannie Charmaine!! Baie geluk met jou verjaarsdag Dinsdag daar waar jy dit saam met jou familie in Suid-Afrika vier. Ons hoop dis 'n wonderlike geseende dag en dat jy baie bederf word!!
Tannie Charmaine se kinders gaan wel terwyl sy weg is groep hê so moenie wegbly nie!!
2 - 5 jariges
Ons hoop om Maandagaand ons eerste lessie vir die maatjies te hê. As daar enige jong SA maatjies van hierdie ouderdom rondloop, trek hulle seblief nader ouers.
6 - 12 jariges
Die lessie vir hierdie week is How did Jesus Treat People en ons versie is Ef 4:32!
Tieners
Ons tieners gaan hierdie week kegelbal, sien vorige blok met nodige inligting!!
Algemeen
Ons vra nog steeds vir ons maats en ouers om vir klein Natalie wat leukemia het te bid. Die pakkie met die quilt is oppad na haar toe en ek vertel julle ouers binnekort daarvan.
Indien daar nog enige nuwe maats in die dorp is, bring hulle bietjie saam en/of laat my hulle inligting kry.
Dankie ouers vir julle wonderlike samewerking en maats sien julle Maandagaand!!!
Tannie Sandra

No comments: