Die Abu Dhabi jaar staan op sy kop en nadat ons Maandagaand groepie ons boekies voltooi het, is dit tyd om te kyk wat ons oa geleer het tov versies. Min kinders vanaand (die tieners het 'n ander aktiwiteit) want party is siek, maar nietemin geniet die ander die saamsing. Ons uitdaging vanaand - ipv vrugte het elke vrug van die Gees 'n "lekker" eet of drinkding en moet ons eers die versie ken en opse van die betrokke "vrug" voordat ons dit kan kry. Dus kan elkeen kies hoeveel eetgoed hy/sy versamel deur die hoeveelheid versies wat hulle moet ken. Interessant hoe "kindness" met die donuts die eerste versie was wat hulle kom opse het!
Tussen-in is daar hard geleer aan versies wat hulle nie onthou nie. Elkeen in sy hoekie of saam waar hulle mekaar help. Met sy oe op die eetgoed het klein TJ ook sommer 'n klomp versies kon opse aan die einde van die dag. Ons is sommer baie trots op die klompie wat ALMAL al nege versies aan die einde kon opse! Die tieners was elders besig om Wii te speel.
1 comment:
Ek is stapel gek oor al die kinders........ Hou duim vas dat hulle baie goed sal doen in die eksamen en dan ook n fantastiese vakansie sal he !!
Heleen
Post a Comment