Wednesday, October 20, 2010

God doen altyd wat Hy belowe

Met ons ouer maats wat in die "boiler room"bymekaarkom, is dit meestal net die jonger maats wat deelneem aan die sing.

Page1

Hierdie dogtertjie geniet dit vreeslik en ons "bybelboek-rapper" Christiaan wys hoe dit gedoen moet word :-). Toe twee van die kleuters ons bietjie laat by ons aansluit, kla een "ons het net een en 'n halwe liedjies gesing", wat beteken dat hulle die lofsang geniet.

Page4

Ons kleintjies sing die Dapper Stapper liedjie en plak hulle rugsakkies op Kallie Kameel om te wys dat hulle teenwoordig is.




Nie 'n goeie kwaliteit video clip nie, maar ten minste kan julle hoor hoe ons kleuters so lekker in Afrikaans sing.

Page2

Vandag luister ons na die storie van hoe God vir Abraham belowe het day sy nageslag en familie so baie soos die sterre in die hemel gaan wees.

Page3

God het gedoen wat Hy belowe het en Abraham se vrou het 'n babatjie gekry.

Page5

As liewe Jesus vir jou iets belowe sal Hy dit doen en ons Hom vra om ons Sy kind te maak, sal Hy dit doen en altyd by ons wees soos Hy belowe.

Page6

Ons maak ook lekker koekies met sterretjies op wat ons kan eet. Die maatjies was vanaand "groot" en wou eintlik nie he hulle mammas moes kom help nie. Dis vir ons lekker om die mammas ook daar te he, al kuier julle net saam, dit moet julle weet. (Mariette, dankie vir die neem van die foto's)

Ons middelgroep wat kyk na al God se "wereldrekords" het nou al van die natuurrekords en atome geleer.

Vanaand kyk hulle na die rampe en rekords binne en buite die water. Ons hoor dat selfs die water en weer na God luister en kies om in gehoorsaamheid aan Hom te lewe.

Page7

Een van die "water-wonderwerke" is die storie van Noag n hoe hy alles presies gedoen het soos die Here hom beveel het. Ons lees in die Bybel dat die winen water nie net na God geluister het wanneer dit nodig was om mense te straf nie, maar ook om hulle te red en Sy almag te wys.

Page8

Hulle vou en maak die mooiste arke van papier. (Sunette, dankie vir die neem van hierdie groep se foto's)

DSC_0146

Die tieners werk uit Daniel 1:5-16 en praat oa oor die garbage in en garabage out gesegte.

Ons seniors word vanaand die kamera gespaar.

3 comments:

Brunilda Monnig said...

Ek het hierdie blog nou ekstra baie geniet want ek kon nie die week daar wees nie, dankie

Mariette said...

Dit was 'n plesier, Bly om te sien daar was darm iets wat jy kon gebruik het want eks nie so goed soos jy nie.

Ja my ou seuntjie geniet dit vreeslik om daar te wees. En hy lief tannie Charmaine
lekker week tot vlgde keer.
Groetetjies

Charmaine said...

En tannie Charmaine lief al haar kleingoed.. hulle is so kosbaar