Tuesday, October 5, 2010

Ons God is 'n wonder God

So lekker om nog van die ou gesiggies vanaand saam met ons te he en 'n nuwe gesiggie in klein Jenny!

Page1

Die kleintjies kan al lekker saam sing aan "Lees jou Bybel en bid elke dag". Ons seniors sing nie vanaand saam nie, hulle kuier in 'n ander kamer, maar die res van ons sing heerlik saam.

DSC_0020

Tannie Charmaine verduidelik die Dapper Stapper program wat hulle gaan doen.

Page1

Hulle ontmoet vir Kallie die Kameel wat elke week daar sal wees om hulle op die reis deur die Bybel te neem. Die maatjies wat daar is, kan hulle rugsakkies (met hulle foto op) op sy rug laai om saam te reis.

Page2

Kyk net hoe mooi luister die maatjies.

Page3

Dan leer hulle die Dapper Stapper temaliedjie en daar word voete gestamp, hande geklap en al sulke goed. Lyk of hulle dit geniet het. Een van die dae dan luister ons bietjie hoe hulle dit sing.

Page4

Elke maatjie kry dan 'n prentjie van Kallie wat hulle eers bietjie inkleur.

Page8

En dan gebruik hulle "koekiegom" en lekkers om dit te versier. Wonder hoeveel in die mond verdwyn het.

Page7

Die mammas kuier vandag saam en help met die inkleur. Bianca se mamma neem vir my die foto's, daarom het ons niks van haar nie. Dankie daarvoor Brunilda. Die mammas kry ook "huiswerk". Hierdie week moet hulle gereeld vir ons maatjies uit die Bybel lees en met hulle gaan stap.

Page11

Ons middelgroep praat vanaand oor Natuurrekords. Met ballonne en marshmallows maak hulle 'n sterrestelsel. As ons daarna kyk kan ons die grootheid van die heelal sien en ons verwonder oor God se almag as Skepper daarvan. Ons God is 'n Wonder God!

Page5

Die tieners maak vanaand kennis met Daniel en ons praat oor wat die kultuur van waar ons bly/is, ons denke kan beinvloed en hoe God wil he ons moet dink.

Page9

Ons sal hierdie week in allerdaagse situasies voor keuse kom, dinge wat ons kan/of beinvloed en ons gaan kies om ons liewers deur God te laat beinvloed en aan Hom gehoorsaam wees.

DSC_0102

'n Paar van die seniors teen die regterkantse muur. Die groep kyk vanaand na 'n dvd en werk ook uit hulle studie (fotograwe word eintlik nie toegelaat nie).

2 comments:

Brunilda said...

Pragtige blogpost. Mooi uitleg en so lekker om weer te sien hoer die kinders dit geniet.

Charmaine said...

Kosbare kinders die van ons..