Net soos ons kinders sien ons elke week uit na die groep en wat daar gedoen en geleer gaan word.
Daar word met groot entoesiasme saam gesing deur almal, al is daar van ons wat liewers die voete in plaas van die hande lig :-).
Die wikkelwurmpies leer dat God het hulle oortjies gemaak . Ons plak oortjies en maak koekie-olifantjies en oortjies.
Ons moet ons oortjies oppas en ook luister as mamma en pappa praat. Dan maak ons lekker musiek sodat ons oortjies al die geluide en klankies kan hoor.
Die middelgroep leer vanaand nie net hoe ons as 'n span kan saamwerk nie, maar ook hou elkeen van ons met dit wat ons het kan saamwerk om iets groots te maak.
Ons het kuiergaste vanaand en sendelinge van Australie en China kom praat met ons tieners hoe ons 'n Christen kan wees in enige beroep, en dat ons nie 'n predikant hoef te wees om die Boodskap te verkondig nie.
No comments:
Post a Comment