Sunday, February 24, 2008

ECC - Ouerbrief 25 Februarie

Liewe Ouers en kinders

Die volgende vir julle inligting tov hierdie week se groep:

Kleuters

Julle het groep vanaand en tannie Corinne het 'n splintenuwe storie om vir julle te vertel. As julle van enige nuwe maatjies weet, bring hulle saam. Ons tye gaan effens verander in die hoop dat ons van ons ander maatjies ook kan betrek en julle sal al teen agt uur in die bed kan wees

6 - 12 jariges

Ons begin hierdie week met ons nuwe boekie "My Volcano Adventure" van Discipleland. Soos al die ander adventures is hierdie een ook propvol lekker lesse, dinge om te doen en dinge om te leer. Ons eerste lesse is "Wordspring" - What's so special about the Bible. Die versie wat ons moet ken is Heb 4:12 in Engels of Afrikaans.

Tieners

'n Wedstryd in Dubai maak dit onmoontlik dat ons almal hierdie week kan groep bywoon, so daar sal nie wees nie ---- maar ------kyk volgende Saterdag na 'n belangrike boodskap ---- vir julle!!

Algemeen

KAMP

Vanaf Maandag sal ek 'n foto verslag oor die kamp op die blok hê vir 'n hele paar dae, so loer gerus in. Teen volgende naweek sal al die foto's wat ek van die kamp het ook op die blok beskikbaar wees sou julle daarvan wil aflaai. Die outjies wat foto's geneem het, kan gerus daarvan vir my deurstuur om vir die ander te wys.

Ek wil net vir die ouers sê dat ek baie trots is op ons/julle kinders wat die kamp bygewoon het. Die gedrag van die kinders op die kamp was uitstekend, maar meer daaroor more wanneer ek die foto's bysit!

BAIE BELANGRIK
Daar was 'n verandering in ons besprekingstyd van die lokale vir Maandagaand waarvan ons eers nou eers in kennis gestel is. Dit beteken dat ons vroeer moet klaarmaak en vroeer moet begin.

Vanaf more (25 Feb) sal ons dus om 6:30 begin. Ek hoop dat dit ook vir almal sal pas. Daar is 'n voordeel aan dat ons kinders nou vroeer by die huis sal wees. Ons sal dan so 8:15 nm klaar wees. Indien enige van ons ouers met die tye 'n probleem het, kontak my asseblief.


Hoop om al ons kindes behalwe die tieners moreaand te sien!!

No comments: