Monday, February 25, 2008

Ons kamp - Dag 1

Eintlik breek die kamp aan en Donderdagmiddag ry ons in slegte, winderige, koue weer Dubai toe om saam met die ander kampers met die bus kamp toe te ry. Die agtien Abu Dhabi kinders is baie opgewonde en vir party is dit die eerste keer alleen weg van die huis af.

Hulle staan nog vreemd rond by die bus. Kyk net die warm klere en dit in die UAE!
Die tienermeisies maak gereed om op te klim terwyl Liam, Armand en Daleen ook wag. Oppad kampterrein toe hoor ek die wind het die tente plat gewaai en ons sal binneshuis moet slaap. Klink reg vir my maar hoe gaan die kinders die weer oorbrug?
Ons kom donker by die terrein aan en die klomp begin dadelik hulle slaapplekke inrig. Beddens!! Wow die tente kan maar plat lĂȘ. Hier is Claudia en Jumarie besig om hulle plekkies reg te maak.
Daleen se bed is ingerig en haar slaapmaat is al in die bed. Sy verkyk haar aan die tieners se dinge.
Hier moes ek al geweet het hier kom 'n ding. Op die bus het die Abu Dhabi en Dubai tieners lekker maats gemaak en hulle trek onmiddellik in die hoek in. Ek kan net hier noem dat hulle die aand teen drie uur nog woelig was
Hierdie foto's is van die ete, kenmekaar en sommige van die leiers. As jy op die foto kliek is daar 'n beskrywing.

Kenmekaar, ysbreker, lekker sing en speletjies speel is op hierdie slideshow. Weereens vir kommentaar kliek op die foto.

Kom loer die volgende paar dae vir nog foto's. As jy dit nie van die slideshow kan aflaai nie, kyk gedurende die week in die regterkant kolom reg bo is "Photo Album". Jy kan ingaan daar, op die foto kliek en dit mooi vergroot en aflaai. Los ook vir ons kommentaar oor wat julle van die kamp en die foto's dink!!

No comments: