Tuesday, February 26, 2008

ECC - Ons leer hoekom die Bybel so spesiaal is

Voor ek vertel van ons lessies hierdie week, wil ek net ons ouers bedank wat gehelp het dat die oorgang na die nuwe vroeer tyd so glad verloop het. Dankie dat julle ons blog lees anders sou dit nie so goed gegaan het nie! Ons maats het soos gewoonlik lekker saamgesing, hier is so drie foto'tjies van 'n paar van hulle.Die kleintjies het vanaand die storie van Jerigo se mure gehoor. Eers het tannie Corinne vir hulle die storie op die feltbord vertel en daarna is daar al om die tafel geloop soos in die storie terwyl Emma se mamma die "trompet" geblaas het. Die maats het toe kaartjies gemaak.Klein Thomas knip mooi met die skêr enEmma kleur haar prentjie in.Na groep het die twee kleintjies spesiaal vir 'n foto "gepose" en dis die resultate. Tannie Heleen se groepie het geleer hoekom die Bybel die mees belangrikste Boek is. Daarna is daar foto's van die maats geneem en hulle het angstig gewag vir die foto om geprint te word waarna hulle elkeen hulle eie Bybel gemaak. Hulle was nie bietjie trots op die "Bybel" nie. Die ander groepie het ook van die Bybel geleer en hard gewerk aan hulle leêrs en aktiwiteit. Vir eetgoed het hulle Bybels gemaak van cream crackers en sjokolade sous. Hier is Clark besig om sy "boek" te maak.


Dankie tannies vir al julle harde werk!!

No comments: