Wednesday, March 19, 2008

Paasaktiwiteit vir Ouers en Kinders

Jare terug toe ons Kindergroepie nog klein was en in 'n kombuis kon inpas, het ons hierdie aktiwiteit met die kinders gedoen. Nou is dit natuurlik onmoontlik en daar is ook nie fasiliteite nie, maar ek het gedink dat dit 'n ietsie is wat u as ouers met u kinders kan doen om so ook die Wonder van die Paasfees vir hulle te verduidelik.

Wat het ons nodig:

1 koppie pekanneute

1 teelepel asyn

3 eierwit

knippie sout

1 koppie suiker

1 zippier plastieksak

houtlepel

maskeer band en Bybel

Voorverhit die oond tot 300 F. Sit neute in die zipper sak en laat die kinders dit met die houtlepel breek in klein stukkies.

Verduidelik dat Jesus gevange geneem is en deur Romeinse soldate geslaan is (Lees Johannes 19:1-3)

Laat die kinders dan elkeen die asyn ruik en sit die 1 teelepel asyn in die mengbak.

Verduidelik dat hulle vir Jesus asyn gegee het om te drink toe Hy dors was op die kruis. (Lees Johannes 19:28 - 30).

Voeg die eierwit by die asyn.

Eiers verteenwoordig lewe en verduidelik dat Jesus Sy lewe gegee het om ons ewige lewe te gee. (Lees Johannes 10:10-11)

Gooi bietjie sout in elke kind se hand en laat hulle dit proe. Gooi die res in die mengbak.

Verduidelik dat die sout die trane verteenwoordig van Jesus se volgelinge wat gehuil het by die kruisiging en die bitterheid van ons sonde (Lees Lukas 23:27)

Tot nou toe was die bestanddele nie baie aptydwekkend nie ...

Gooi nou die 1 koppie suiker by.

Verduidelik dat die "soetste" deel van die storie is dat Jesus gekruisig is omdat Hy ons lief het. Hy wil he dat ons dit moet weet en dat ons aan Hom behoort (Lees Psalm 34:8 en Johannes 3:16)

Meng dan met 'n menger teen hoe spoed vir 12 -15 min totdat dit styf is en punte vorm.

Verduidelik dat die wit kleur verteenwoordig ons sonde wat skoongewas is deur Jesus se bloed. (Lees Jesaja 1:18 en Johannes 3:1-3)

Voeg nou die gebreekte neute by. Skep teelepels mengsel op wakspapier. Verduidelik dat elke "hopie" die graf verteenwoordig waar Jesus se liggaam begrawe is (Lees Matteus 27:57-60). Sit die papier met koekies in die oond, maak die deur toe en skakel die oond AF! Gee vir elke kind 'n stukkie tape en seel die oonddeur.

Verduidelik dat Jesus se graf geseel was. (Lees Matteus 27:65-66)

LAAT DIE KLEINGOED GAAN SLAAP!!!

Verduidelik dat hulle mag hartseer wees omdat die koekies in die oond bly en dat Jesus se volgelinge net so gevoel het toe die graf geseel is (Lees Johannes 16:20 en 22).

Die volgende oggend "Paasoggend", maak die oond oop en gee vir elkeen 'n koekie. Kyk hoe gekraak die koekie is en vat 'n byt.....die koekies is HOL van binne!!

Op die eerste Paasfees was Jesus se volgelinge verstom om die graf oop en leeg te kry (Lees Matteus 28:1-9) HY HET OPGESTAAN!

No comments: