Tuesday, March 18, 2008

Bowling vir die tieners

Vanaand was daar nie Kindergroep nie omdat een van die ander kerke 'n hele week die lokale gebruik vir 'n kinderkonferensie. Die tieners het egter by Al Wahda mall gaan bowl en eet.
Gelukkig vir hulle is die baan met neon ligte wat beteken dat ek geen foto's kon neem terwyl hulle speel nie. Almal se klere het pers vertoon en die groot balle het soos 'n halloween pampoen met kersie in gelyk.
Armandt, Ricus en Devin het darem stilgestaan vir 'n foto
Wat gaan met die telbord aan? Die eerste wedstryd is deur Ricus gewen met 'n baie goeie eindpoging en Nelmari het die tweede wedstryd gewen. Armandt was in beide wedstryde 2de en die ander plekke sal ek liewers nie noem nie.

Dan is dit eettyd by die foodcourt. Dit was lekker ontspanning voor die eksamen.

No comments: