Friday, March 14, 2008

Ons leer hoe om ons gawes te gebruik

Ons het vanaand 'n groepie positiewe jongmense gehad by die Vrydagskool.
Van die singery af het almal, oud en jonk, saamgewerk en heerlik deelgeneem aan die lofprysing. Ek moet noem dat ons twee jongmannse Ruhan en Andre met soveel energie saamgesing het en so 'n goeie voorbeeld vir die jongeres gestel.Die heel kleintjies het vanaand die storie van Jerigo se mure gehoor en hulle was sommer baie slim. Klein Ilene het besluit dat die "karakters" soos Joshua in die Bybel hoort, maar soldate hoort glad nie daar nie. Hier luister hulle mooi na Nelmari. Omdat hulle vanaand soveel "lawaai" gaan maak om die mure om te kry het hulle buite groepie gehad.
Die "trompette" het geblaas en lawaai om die mure om te kry. Nicholas het dit mooi reggekry en aan die einde van die aand het Liam ook mooi reggekom. Hoe lank het daai blasers in die motor gehou mamma?
Die ouer kinders se versie was vanaand 1 Petrus 4:10 en het oor die gawes gegaan. Daarna het hulle ook gepraat oor hoe hulle "van diens" kan wees aan ander mense. Die tieners het oor selfbeeld en hoe wonderlik God ons geskape het gepraat.

No comments: