Showing posts with label bowling. Show all posts
Showing posts with label bowling. Show all posts

Thursday, April 7, 2011

Ons gaan bowling

Met baie van ons kinders wat 'n vakansiebreuk het, het ons ipv groep bietjie gaan kegelbal speel en dit was groot pret.


DSC_0001


Ons het min of meer in ouderdomsgroepe deelgeneem en dit was nogal interessant om almal se "aksies" te sien.


Page1


Nie een van hulle het op dieselfde manier probeer om die kegels om te rol nie :-)


Page3


Die manne was bietjie meer ernstig met die pogings om die kegels om te kry.


Page4


En net soos met die aksie het elkeen van hulle 'n verskillende gesigsuitdrukking gehad nadat hulle gerol het.


Page5


En of dit nou vreugde of teleurstelling was, elkeen het nog steeds 'n glimlag op die gesig gehad.


Page6


Tussen-in is daar ook lekker met maats gekuier.


DSC_0162


Lekker aand saam met al ons pragtige jongmense gewees. Die kampioen van die aand ...... Clark!

Tuesday, March 18, 2008

Bowling vir die tieners

Vanaand was daar nie Kindergroep nie omdat een van die ander kerke 'n hele week die lokale gebruik vir 'n kinderkonferensie. Die tieners het egter by Al Wahda mall gaan bowl en eet.
Gelukkig vir hulle is die baan met neon ligte wat beteken dat ek geen foto's kon neem terwyl hulle speel nie. Almal se klere het pers vertoon en die groot balle het soos 'n halloween pampoen met kersie in gelyk.
Armandt, Ricus en Devin het darem stilgestaan vir 'n foto
Wat gaan met die telbord aan? Die eerste wedstryd is deur Ricus gewen met 'n baie goeie eindpoging en Nelmari het die tweede wedstryd gewen. Armandt was in beide wedstryde 2de en die ander plekke sal ek liewers nie noem nie.

Dan is dit eettyd by die foodcourt. Dit was lekker ontspanning voor die eksamen.