Showing posts with label Tieners2010. Show all posts
Showing posts with label Tieners2010. Show all posts

Thursday, June 2, 2011

God werk in ons lewens

In elke kamera se lewe kom daar seker 'n dag wat jy net nie wil foto's neem nie, en 30 Mei was so 'n dag vir myne. Dit beteken egter nie dat daar niks gebeur het by die groep nie.


DSC_0002


Worship was soos altyd baie besonders. Dis altyd lekker vir ons kleintjies as ons ouer kinders inskakel vir sang.


Ons klein maatjies het hulle boekie vir die jaar klaargemaak, so hierdie week was daar 'n baie lekker lessie met felt. Vir die ouers wat dit nog van hulle kinderjare onthou, die feltprentjies en boodskap het nog presies dieselfde bekoring vir ons kleintjies en hulle het baie mooi geluister terwyl hulle tannie die lessie vertel het.


Een van ons mamma's (Adele) het vanaand in die middelgroep uitgehelp, en die laaste onderwerp in hulle boek van wereldrekords het gegaan oor "geestelike rekords". Een van die praktiese demonstrasies was 'n ballon wat met bakpoeier en asyn opgeblaas word, iets wat mens nie sommer aan kan dink nie. So ook is daar baie maats wat deur God gebruik wil word om in ons lewens "rekords" te behaal. In ons en deur ons.


Die toets van hoe gekleurde ysblokkies in warm water kan smelt en al die ander water kleur is ook gewys. So wil die Here ook elkeen van ons gebruik om 'n verskil te maak in die mense rondom ons se lewe.


Die laaste les van ons tieners uit die book "Dare to be a Daniel" is ook gehou en dit was 'n aand van groot blessings toe tieners met mekaar gedeel het, van verskillende maniere hoe God in hulle lewens gewerk het. Baie van ons maats het hulle getuienis gegee en dit was voorwaar 'n jaar waarin ons Hom net al die lof en eer kan gee vir wat Hy in en deur ons kinders gedoen het!


Die snr tieners het ook vanaand 'n bespreking oor die Heilige Gees gehad.

Thursday, May 26, 2011

Jeugdiens

Ons jeugdiens in Mei is deur baie van ons tieners bygewoon.



Page4



Weereens het Elriza en Jana vir ons gelei met worship.



DSC_0047



Dankie ook aan Elriza vir 'n besonderse boodskap.



Ons volgende worshipdiens is 20 Junie!

Thursday, April 7, 2011

Ons gaan bowling

Met baie van ons kinders wat 'n vakansiebreuk het, het ons ipv groep bietjie gaan kegelbal speel en dit was groot pret.


DSC_0001


Ons het min of meer in ouderdomsgroepe deelgeneem en dit was nogal interessant om almal se "aksies" te sien.


Page1


Nie een van hulle het op dieselfde manier probeer om die kegels om te rol nie :-)


Page3


Die manne was bietjie meer ernstig met die pogings om die kegels om te kry.


Page4


En net soos met die aksie het elkeen van hulle 'n verskillende gesigsuitdrukking gehad nadat hulle gerol het.


Page5


En of dit nou vreugde of teleurstelling was, elkeen het nog steeds 'n glimlag op die gesig gehad.


Page6


Tussen-in is daar ook lekker met maats gekuier.


DSC_0162


Lekker aand saam met al ons pragtige jongmense gewees. Die kampioen van die aand ...... Clark!

Thursday, March 31, 2011

Ons is spesiaal gemaak en ons kies om Hom te volg!

Die ouer kinders kuier vanaand almal in die "kook" kamer en ons kleintjies sing 'n bietjie van die liedjies wat spesiaal vir ons is.


DSC_0022


Vir klein Erika is alles nog nuut, maar sy kyk mooi wat almal doen.


Page1


Tannie Charmaine doen 'n baie belangrike les met hulle vanaand. Hulle hoor die verhaal van die drie konings, Manasse, Amon en Josia en hoe elkeen van hulle moes self kies vir watter god hulle wil bid.


DSC_0048


Weer eens luister ons jongste maatjie vanaand baie mooi wat die tannie vertel. Josia het op 'n baie jong ouderdom gekies om God se kind te wees en hulle praat daaroor dat elke kleuter self moet kies om God se kind te wees


Page2


Ons maatjies besluit om ook vir God te kies en skryf hulle naampies op die kruis.


DSC_0055


Daarna bid hulle en vra vir Jesus om in hulle hartjies te kom woon en hulle sing ook 'n liedjie. Spesiaal is dat twee van ons maatjies nie vinnig genoeg na die lessie kon uithardloop na hulle mamma toe om te se "I have decided to follow Jesus"!


Page4


Ons middelgroep volg hulle les verlede keer oor God is die een wat vir ons lewe en asem en alles gegee het op met 'n les waar ons leer om God te loof vir al die wonders van lewe.


Page3


Ons hoor weer dat God elkeen van ons spesiaal maak en ons luister na die storie van Maria, Elisabet en Sara se reaksies toe hulle hoor hulle is swanger. Jesus het elkeen van ons op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Hulle kry ook kans om iets self (koekies) te skep.


DSC_0072


Dis nie so maklik nie :-) en daar word hard gekonsentreer.


DSC_0084


Ons tienergroepe het vanaand 'n praatjie en gesprekvoering oor 'n onderwerp op hulle van toepassing.

Thursday, March 24, 2011

Wat om te doen in donkertye - diens

DSC_0003


Vanaand het ons weer 'n diens en sommer baie van ons jongmense woon dit by.


Page1


Elriza en Jana lei die worship waarna Elriza vir ons 'n baie besonderse en geseende boodskap lewer.


DSC_0007


Was lekker om almal so saam te he en ons sien uit na die Paasboodskap in April.

Thursday, March 17, 2011

God gee ons lewe, asem en alles!

Met die tieners wat nie saamsing vanaand nie, kry ons kleintjies ook kans om 'n nuwe liedjie of twee aan te leer.


Page1


Kyk net hoe oulik neem hulle deel aan die lofprysing. Dis klein Erika se eerste besoek en sy verkyk haar nog aan alles.


Page3


Andre se mamma help hom ook nog 'n bietjie met die bewegings, maar Jana, Bianca, Zoe en Emma het geen hulp nodig nie.


DSC_0019


Vanaand se lessie vir ons kleuters gaan oor Elisa en die weduwee.


Page4


Hulle hoor van God se wonderwerke en hoe Hy deur Elisa gewerk het om wonderwerke te doen.


Page6


Hulle werkskaart waarop hulle oa sand geplak het en die water en party se gesiggies blou geverf het.


Page5


Die middelgroep doen Liggaamsrekords vanaand en ons erken dat God die een is wat vir ons lewe en asem en alles gegee het. Kyk net hoe word daar gedans.


DSC_0058


Verlede week het die tieners gepraat hoe om vriende te kies wat Jesus volg en hierdie week doen ons hoe om vriende te kies wat sal opstaan vir dit wat reg is.


Ons senior tieners spring die kamera vry vanaand, maar hulle het 'n lekker groepsbespreking in die boiler room.

Friday, March 11, 2011

God kan ons gebruik maak nie saak hoe oud ons is nie

Dis altyd lekker vir ons as die tieners saam met ons kom lofprysing doen.


Page1


Almal sing, spring en dans lekker terwyl ons sing.


DSC_0040


Ons kleintjies leer vanaand uit die Bybel van Elisa en Naaman en dat ons nie te klein is om vir ander mense van God te vertel nie. Ons hoor hoe die dogtertjie vir Naaman vertel dat God hom kan gesond maak.


Page2


Hulle maak dan 'n dokterstassie met 'n kruis bo-op en sit allerhande noodhulp goedjies binne-in.


DSC_0039


Tannie Heleen kan nie vanaand kom nie, en Stephanie staan in by ons middelgroep wat vanaand 'n bybelstorie dvd kyk.


DSC_0052


Die tieners se les gaan vanaand oor hoe ons vriende kies wat ook vir Jesus volg. Ons gesels ook oor hoe belangrik vriende is wanneer ons op en vas moet staan vir ons geloof.


DSC_0043


Die senior tieners is amper klaar met hulle studie vir die jaar en ek kry darem 'n vinnige kansie om 'n foto daar te neem.

Tuesday, March 1, 2011

Daar is net een God

En so het die tweede maand van die nuwe jaar alweer tot 'n einde gekom.

Page1

Daar word lekker gesing deur ons kleintjies

Page2

En ons ouer kinders

Page3

Ons kleuters is nog steeds besig met Elia en vanaand leer/hoor hulle ook van die Baalprofete.

Page4

Hulle maak 'n klipstapel en vuur van klei om die storie te wys. Hulle leer dat daar net een God is.

Page6

Ons middelgroep doen die wonderkombuis in die woestyn en hoe ons God moet vertroue om in ons behoeftes te voorsien. Hy sorg vir ons Sy kinders. Hulle hou kompetisie om te kyk wie die vinnigste n "hotdog" kan opeet.

Page5

Ons tieners praat vanaand hoe ons ander na Jesus toe kan lei en eers moet ons 'n kaart teken of beskryf hoe ons van die kerkgebou na ons onderskeie huiste toe kan gaan. Mammas .... julle tieners weet nie hoe om op eie aanwysings die pad huistoe te kry nie hoor :-) Bring ons terug by die manier hoe ons vir ander kan demonstreer of verduidelik dat daar net een manier is om by God uit te kom - deur Jesus. Ons praat en vertel ook vir mekaar.

Page7

Aan die einde kry ons briefies van "geheime" maats om te vertel wat spesiaal aan ons is en wat hulle waardering voor het.

Foto's van die snr tieners is maar skaars soos hoendertande. Sal bietjie laat hulle vertel wat hulle presies doen.

Thursday, February 3, 2011

Worship diens

Page1

Geen kindergroep hierdie week nie want ons het 'n Worship diens. Ek het ongelukkig nie foto's geneem nie, net van die worship span tydens hulle oefening. Die musiek en boodskap was 'n groot blessing. Ons het tydens die oefening jongmense van 'n ander groep gehad wat kom vra het dat die span vir hulle 'n liedjie of twee sing omdat dit so mooi is.

Thursday, January 27, 2011

God sorg vir ons in alle omstandighede

Na 'n lang breuk is dit weer tyd vir groep en elke keer na so 'n vakansie is die kinders soveel groter en langer as ons leiers.

DSC_0007

Die snr tieners kom sing vanaad saam met ons en dis altyd lekker om hulle te he.

DSC_0018

Ons kleuters het hulle laaste lessie oor Moses en vanaand luister hulle na die storie toe Moses in die woestyn was. Hulle hoor hoe wonderlik God vir ons sorg.

Page1

Hulle hoor ook dat God Sy volk nooit alleen los nie en dat daar heeltyd 'n wolk voor hulle in die lug was. Hier maak die klompie hulle wolkies.

DSC_0021

Ons middelgroep hoor dat hulle met God se hulp baie kan regkry.

Page2

Hulle speel snippermandjie-survivor en ons leer dat God ons help waar 'n oplossing vir ons onmoonlik lyk.

DSC_0040

Tannie Heleen speel ook saam terwyl TJ dit baie geniet.

DSC_0041

Die jnr tieners preaat vanaand oor maniere waarop ons kan voorberei om aanslae af te weer. Ons hoor van Daniel en hoe hy tyd met God spandeer het en God se Woord goed bestudeer het. Dit het hom gehelp om al die aanvalle te hanteer.

DSC_0042

In groepies bespreek ons die "leeus" wat ons elke dag face en hoe ons kan opstaan vir dit waarin ons glo.

Die tieners het 'n ander les en ons neem nie vanaand foto's by hulle nie.