Showing posts with label Kleuters 2010. Show all posts
Showing posts with label Kleuters 2010. Show all posts

Thursday, June 9, 2011

Ons is spesiaal

Die jaar staan einde toe en vanjaar vir die eerste keer in 'n klompie jare het ons nog groep in Junie. Gewoonlik het ons sommer in Mei afgesluit, maar 'n klompie kinders was nog nie klaar met die skooljaar nie, dus het ons groep bietjie gerek.


Page1


Ons kleintjies het vanaand weer 'n storie op die feltbord gehad en hierdie keer kon ek darem foto's geneem kry.


Page3


Page4


Kyk net hierdie gesiggies terwyl hulle hulself teken en 'n raampie maak.


Ons ander drie groepe het vanaand een van Louis Giglio se dvd's gekyk van hoe groot God is!


Volgende week is ons afsluiting.

Wednesday, May 25, 2011

Dapper stappers maak klaar

Een van die groot vreugdes en blessings vanjaar, was ons kleutergroep. Met 'n klompie maatjies wat vir die eerste keer KG toe is, het ons 8 kleuters in ons groepie gehad.


Page1


Van die onseker klompie verlede jaar Oktober tot die groepie in Mei was daar ongelooflik groei in elkeen van Bianca, Christiaan (1), Christiaan (2), Dawid, Emma, Jana, Jenny en Zoe .


DSC_0025


Ons het selfs 3 peuters Andre, Erika en Ilse gehad wat die groepie ook gereeld bygewoon het! Dan was hulle wonderlike ouers vir ons net so 'n blessing. Hulle het die maatjies so getrou gebring en dit nogal op 'n skoolaand en almal lekker sit en kuier terwyl hulle groep gehad het.


Page2


Die kleuters sing en worship nou so lekker met hulle gunsteling liedjie vanjaar beslis "die Koning Kom" en dan word daar uit volle bors gesing as hulle by ".... lig jou hande na bo ...." kom.


Page3


Elke maatjie wat meeste van die lessies uit die boek gedoen het, het die Dapper Stapper sertifikaat gekry.


Volgende jaar begin ons 'n splintenuwe boekie met julle en gaan ons nog klomp nuwe liedjies sing, ons sien uit!!

Sunday, April 17, 2011

Ons moet gereeld bid en vir Jesus dankie se

Ons tieners kuier vanaand almal weer saam in die 'kook'-kamer en die kleintjies ....


Page2


Kry kans om soos popcorn vir Jesus te spring :-)


Page3


Vanaand se lessie gaan oor Daniel in die leeukuil en die maatjies hoor dat God graag met ons wil praat, dat Hy altyd luister en dat Hy altyd antwoord.


Page5


Saam met Daniel leer ons ook meer oor gebed en die maatjies kry elkeen kans om self te bid ook. Kyk net daai mooi leeus, al het van die maanhare in die monde beland :-)


Page7


Die middelgroepie hoor die storie van die melaatse man en hoor ook dat ons in dankbaarheid teenoor God moet lewe. Hulle maan hande en op die vingers skryf hulle tien dinge waarvoor hulle dankbaar is en waarvoor hulle vir die Here moet dankie se.


Die tieners word vanaand verlos van die kamera terwyl hulle 'n baie spesiale les/bespreking het.

Thursday, March 31, 2011

Ons is spesiaal gemaak en ons kies om Hom te volg!

Die ouer kinders kuier vanaand almal in die "kook" kamer en ons kleintjies sing 'n bietjie van die liedjies wat spesiaal vir ons is.


DSC_0022


Vir klein Erika is alles nog nuut, maar sy kyk mooi wat almal doen.


Page1


Tannie Charmaine doen 'n baie belangrike les met hulle vanaand. Hulle hoor die verhaal van die drie konings, Manasse, Amon en Josia en hoe elkeen van hulle moes self kies vir watter god hulle wil bid.


DSC_0048


Weer eens luister ons jongste maatjie vanaand baie mooi wat die tannie vertel. Josia het op 'n baie jong ouderdom gekies om God se kind te wees en hulle praat daaroor dat elke kleuter self moet kies om God se kind te wees


Page2


Ons maatjies besluit om ook vir God te kies en skryf hulle naampies op die kruis.


DSC_0055


Daarna bid hulle en vra vir Jesus om in hulle hartjies te kom woon en hulle sing ook 'n liedjie. Spesiaal is dat twee van ons maatjies nie vinnig genoeg na die lessie kon uithardloop na hulle mamma toe om te se "I have decided to follow Jesus"!


Page4


Ons middelgroep volg hulle les verlede keer oor God is die een wat vir ons lewe en asem en alles gegee het op met 'n les waar ons leer om God te loof vir al die wonders van lewe.


Page3


Ons hoor weer dat God elkeen van ons spesiaal maak en ons luister na die storie van Maria, Elisabet en Sara se reaksies toe hulle hoor hulle is swanger. Jesus het elkeen van ons op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Hulle kry ook kans om iets self (koekies) te skep.


DSC_0072


Dis nie so maklik nie :-) en daar word hard gekonsentreer.


DSC_0084


Ons tienergroepe het vanaand 'n praatjie en gesprekvoering oor 'n onderwerp op hulle van toepassing.

Thursday, March 17, 2011

God gee ons lewe, asem en alles!

Met die tieners wat nie saamsing vanaand nie, kry ons kleintjies ook kans om 'n nuwe liedjie of twee aan te leer.


Page1


Kyk net hoe oulik neem hulle deel aan die lofprysing. Dis klein Erika se eerste besoek en sy verkyk haar nog aan alles.


Page3


Andre se mamma help hom ook nog 'n bietjie met die bewegings, maar Jana, Bianca, Zoe en Emma het geen hulp nodig nie.


DSC_0019


Vanaand se lessie vir ons kleuters gaan oor Elisa en die weduwee.


Page4


Hulle hoor van God se wonderwerke en hoe Hy deur Elisa gewerk het om wonderwerke te doen.


Page6


Hulle werkskaart waarop hulle oa sand geplak het en die water en party se gesiggies blou geverf het.


Page5


Die middelgroep doen Liggaamsrekords vanaand en ons erken dat God die een is wat vir ons lewe en asem en alles gegee het. Kyk net hoe word daar gedans.


DSC_0058


Verlede week het die tieners gepraat hoe om vriende te kies wat Jesus volg en hierdie week doen ons hoe om vriende te kies wat sal opstaan vir dit wat reg is.


Ons senior tieners spring die kamera vry vanaand, maar hulle het 'n lekker groepsbespreking in die boiler room.

Friday, March 11, 2011

God kan ons gebruik maak nie saak hoe oud ons is nie

Dis altyd lekker vir ons as die tieners saam met ons kom lofprysing doen.


Page1


Almal sing, spring en dans lekker terwyl ons sing.


DSC_0040


Ons kleintjies leer vanaand uit die Bybel van Elisa en Naaman en dat ons nie te klein is om vir ander mense van God te vertel nie. Ons hoor hoe die dogtertjie vir Naaman vertel dat God hom kan gesond maak.


Page2


Hulle maak dan 'n dokterstassie met 'n kruis bo-op en sit allerhande noodhulp goedjies binne-in.


DSC_0039


Tannie Heleen kan nie vanaand kom nie, en Stephanie staan in by ons middelgroep wat vanaand 'n bybelstorie dvd kyk.


DSC_0052


Die tieners se les gaan vanaand oor hoe ons vriende kies wat ook vir Jesus volg. Ons gesels ook oor hoe belangrik vriende is wanneer ons op en vas moet staan vir ons geloof.


DSC_0043


Die senior tieners is amper klaar met hulle studie vir die jaar en ek kry darem 'n vinnige kansie om 'n foto daar te neem.

Tuesday, March 1, 2011

Daar is net een God

En so het die tweede maand van die nuwe jaar alweer tot 'n einde gekom.

Page1

Daar word lekker gesing deur ons kleintjies

Page2

En ons ouer kinders

Page3

Ons kleuters is nog steeds besig met Elia en vanaand leer/hoor hulle ook van die Baalprofete.

Page4

Hulle maak 'n klipstapel en vuur van klei om die storie te wys. Hulle leer dat daar net een God is.

Page6

Ons middelgroep doen die wonderkombuis in die woestyn en hoe ons God moet vertroue om in ons behoeftes te voorsien. Hy sorg vir ons Sy kinders. Hulle hou kompetisie om te kyk wie die vinnigste n "hotdog" kan opeet.

Page5

Ons tieners praat vanaand hoe ons ander na Jesus toe kan lei en eers moet ons 'n kaart teken of beskryf hoe ons van die kerkgebou na ons onderskeie huiste toe kan gaan. Mammas .... julle tieners weet nie hoe om op eie aanwysings die pad huistoe te kry nie hoor :-) Bring ons terug by die manier hoe ons vir ander kan demonstreer of verduidelik dat daar net een manier is om by God uit te kom - deur Jesus. Ons praat en vertel ook vir mekaar.

Page7

Aan die einde kry ons briefies van "geheime" maats om te vertel wat spesiaal aan ons is en wat hulle waardering voor het.

Foto's van die snr tieners is maar skaars soos hoendertande. Sal bietjie laat hulle vertel wat hulle presies doen.

Friday, February 25, 2011

Vertrou God en Hy doen wonderwerke

Elke week is die eerste outjies wat opdaag op 'n Maandagaand van ons kleuters en dis so lekker om te sien hoe hierdie groepie groei in selfvertroue, self met die singery.

Page1

Klein boeties en sussies begin ook nou saam met die kleuters sing.

DSC_0023

Met die kleintjies en snr tieners wat besig is met hulle les, sing ons jnr tieners lekker saam en werk ook aan 'n paar nuwe bewegings vir van die liedjies.

Page2

Vanaand leer ons kleuters van Elia en die kraaie en hoe ons vir God moet vertroue en dat Hy altyd vir ons Sy kinders sal sorg.

DSC_0037

Een van die lekker dinge vir my, en dis ook deel van ons groep, is die ouers wat so lekker kan sit en saamkuier terwyl die kinders groep het. Maar hou hierdie spasie dop ...

Page3

Die middelgroep doen vanaand die water wat in wyn verander en praat ook bietie oor al die waterwonders van die Bybel soos die bitter water wat soet word, water uit die rots en die water in Jerigo wat weer bruikbaar geword het. Hulle hou ook 'n troue om die storie uit te beeld :-).

DSC_0063

Die tienergroep doen hoe God ons kan gebruik in en op die mees onwaarskynlikste plek en/of situasie. Ons les kom uit Daniel 2.

Wednesday, February 16, 2011

Ons kleuter uitstappie

Ons het nog altyd 'n kleuter of twee in die groep gehad, maar vanjaar is ons regtig geseen met 'n hele klompie kleuters waarvan meeste vanjaar vir die eerste keer skool toe gegaan het. En nie net kom hulle gereeld nie, maar het ons ook 'n tannie wat elke week met hulle werk! So ons was baie opgewonde om hierdie eerste "kleuter-uitstappie" te reel. Behalwe twee van ons maatjies was hulle almal daar en is daar groot pret gehe deur oud en jonk.

Page1

Mens kon die klompie se opgewondenheid sommer voel terwyl ons vir almal gewag het. Die perdjie voor die kinder-dieretuin het ook baie aftrek gekry.

Page1_0

Ons het kossies vir die diere gekoop by die ingang en hierdie geesdriftige klomp het alles sommer al vir die eerste ry diere uitgedeel. Ook g'n wonder dat die diere van hierdie dieretuin almal so lekker gesond en rond lyk nie.

Page3

Jana was al kleuter wat braaf genoeg was om hierdie slang om haar nek te sit. Jenny se pappa Gareth was ook braaf terwyl ons ander gemaak het of ons besig is met ander goed :-).

Page4

Klein David het darem later ingestem om na die slang se stertkant te kyk. Die klomp was orals tussen die hokke en ons moes mooi kyk en byhou om almal in die oog te hou.

Page5

Die volstruis het die twee boeties lekker laat lag en as sy kon het sy almal se kos geeet.

Page2

In die rus area was ons kleuters vinnig in die boom en toe die sandput. Ons is maatjies ...

Page3_0

Terwyl van die ander mense skrikkerig was om hulle kinders te laat vuil word, het hierdie klomp nie op hulle laat wag nie en is daar gegrawe dat die sand so staan.

Page4_0

Daar is lekker geet.

Page5_0

En toe het ons almal roomys gekry ...

Page6

En toe weer terug om saam met die diere te kuier en hulle te voer.

Page7

Of dit nou 'n perdjie of bokkie was, daar is aan hulle gevat en toegelaat dat hulle gelek word.

Page8

Aan die einde het 'n groep moee kleuters nog gekla omdat hulle moes huistoe ... hulle wou nog in die parkie speel :-). Hierdie drie het vir oulaas op die ponie voor die dieretuin gery.

Was heerlike om 'n bietjie in die normale warm woestyn 'n bietjie koeler weer te he en dit buite saam met die kinders en diere te geniet!