Showing posts with label Paasfees. Show all posts
Showing posts with label Paasfees. Show all posts

Monday, April 25, 2011

Ons kinders se Paasdiens

Verlede week voor die skole breuk het ons 'n Paasdiens vir ons kindergroep gehou.


Page2


Natuurlik soos met alle kinderlesse is daar ernstig voorberei. Elriza wat die boodskap sou lewer het almal aan die werk gehad om te help met die prente wat sy geteken het, te verf :-).


Page1


Die eindresultaat na 'n klomp ure se werk.


DSC_0024


Die aand van die diens is die prente teen die muur opgesit en toegemaak. Die laaste afronding aan die gordyn wat "moes" skeur.


Daar is lekker gesing deur ons kinders en ons ouers.


Page2_0


Nadat die kinders 12 versteekte eierstjies moes soek, is hulle nommer gewys oopgemaak voor elke prent. Binne elke eier was verskillende items wat die storie vertel het, bv. 'n doring, 'n klippie, 'n muntstuk ens.


Page3_0


En dan saam met die prent wat oopgemaak is, is die storie van die kruisiging tot die opstanding vertel. Ons kinders het so mooi aandagtig geluister.


DSC_0053


Na die storie het ons nagmaal saam gebruik. Hier bedien tannie Charmaine die broodjies .....


DSC_0054


En een van die pappas, oom Sieg die druiwesap.


Die visuele storie het ons opnuut weer laat besef dat God vir ons oneindig baie lief is

Friday, March 21, 2008

Paasfees

Vanaand het ons dinge 'n bietjie anders gedoen en as een groep lessie gehad. Maar eers het ons soos gewoonlik begin met lofprysing.

Nicholas beduiwe mooi.
Klein Liam begin die liedjies nou mooi ken en alhoewel hy siek is, sing en beduie hy saam.
Before I go word hier gesing. Liam het die "stop" reg en die ander wys almal "verkeerde" kant toe :-)
Daarna luister ons na die Paasstorie
Ons verf keramiek eiers. Loumarie en Daleen konsentreer mooi. Die meisies het kruise opgeverf.
Kyk net hoe mooi verf Chane haar paaseier
Liam en sy tong verf ook hard saam

Wednesday, March 19, 2008

Paasaktiwiteit vir Ouers en Kinders

Jare terug toe ons Kindergroepie nog klein was en in 'n kombuis kon inpas, het ons hierdie aktiwiteit met die kinders gedoen. Nou is dit natuurlik onmoontlik en daar is ook nie fasiliteite nie, maar ek het gedink dat dit 'n ietsie is wat u as ouers met u kinders kan doen om so ook die Wonder van die Paasfees vir hulle te verduidelik.

Wat het ons nodig:

1 koppie pekanneute

1 teelepel asyn

3 eierwit

knippie sout

1 koppie suiker

1 zippier plastieksak

houtlepel

maskeer band en Bybel

Voorverhit die oond tot 300 F. Sit neute in die zipper sak en laat die kinders dit met die houtlepel breek in klein stukkies.

Verduidelik dat Jesus gevange geneem is en deur Romeinse soldate geslaan is (Lees Johannes 19:1-3)

Laat die kinders dan elkeen die asyn ruik en sit die 1 teelepel asyn in die mengbak.

Verduidelik dat hulle vir Jesus asyn gegee het om te drink toe Hy dors was op die kruis. (Lees Johannes 19:28 - 30).

Voeg die eierwit by die asyn.

Eiers verteenwoordig lewe en verduidelik dat Jesus Sy lewe gegee het om ons ewige lewe te gee. (Lees Johannes 10:10-11)

Gooi bietjie sout in elke kind se hand en laat hulle dit proe. Gooi die res in die mengbak.

Verduidelik dat die sout die trane verteenwoordig van Jesus se volgelinge wat gehuil het by die kruisiging en die bitterheid van ons sonde (Lees Lukas 23:27)

Tot nou toe was die bestanddele nie baie aptydwekkend nie ...

Gooi nou die 1 koppie suiker by.

Verduidelik dat die "soetste" deel van die storie is dat Jesus gekruisig is omdat Hy ons lief het. Hy wil he dat ons dit moet weet en dat ons aan Hom behoort (Lees Psalm 34:8 en Johannes 3:16)

Meng dan met 'n menger teen hoe spoed vir 12 -15 min totdat dit styf is en punte vorm.

Verduidelik dat die wit kleur verteenwoordig ons sonde wat skoongewas is deur Jesus se bloed. (Lees Jesaja 1:18 en Johannes 3:1-3)

Voeg nou die gebreekte neute by. Skep teelepels mengsel op wakspapier. Verduidelik dat elke "hopie" die graf verteenwoordig waar Jesus se liggaam begrawe is (Lees Matteus 27:57-60). Sit die papier met koekies in die oond, maak die deur toe en skakel die oond AF! Gee vir elke kind 'n stukkie tape en seel die oonddeur.

Verduidelik dat Jesus se graf geseel was. (Lees Matteus 27:65-66)

LAAT DIE KLEINGOED GAAN SLAAP!!!

Verduidelik dat hulle mag hartseer wees omdat die koekies in die oond bly en dat Jesus se volgelinge net so gevoel het toe die graf geseel is (Lees Johannes 16:20 en 22).

Die volgende oggend "Paasoggend", maak die oond oop en gee vir elkeen 'n koekie. Kyk hoe gekraak die koekie is en vat 'n byt.....die koekies is HOL van binne!!

Op die eerste Paasfees was Jesus se volgelinge verstom om die graf oop en leeg te kry (Lees Matteus 28:1-9) HY HET OPGESTAAN!