Tuesday, August 5, 2008

Kindergroep begin binnekort!!

Ek wil al die Suid-Afrikaanse kinders in die UAE nooi om vanjaar saam met ons by een van die SA Kindergroepe te kom kuier. Met lekker lessies, musiek en sang, aktiwiteite en selfs eetgoed leer ons almal saam meer van ons Vader en hoe lief Hy vir ons is.
WIE KAN AANSLUIT?: Enige een wat meer van Vader wil leer (Ons het Engelse maatjies ook wat sommer in die proses bietjie Afrikaans leer)
WAAR?: Daar is groepe in Abu Dhabi, Al Ain en Dubai
WANNEER: Abu Dhabi het een by die Golfklub klubhuis, Vrydagaande om 6:30 en
Een by die ECC kerkkompleks op Maandagaande
(Vir inligting oor Al Ain en Dubai s'n kontak ons)
ONS BEGIN WANNEER: Die groep by die Afrikaanse kerk begin hierdie week 8 Augustus om 6:30 en die ECC groep eers later nadat die skole begin het.
WAT KOS DIT? Niks! Net 'n mamma en/of pappa om julle gereeld daar af te laai
ALGEMEEN: Ons het vanjaar weer wonderlike nuwe programme met hope aktiwiteite en lekker sing liedjies. Kom loer gerus in!

3 comments:

Anonymous said...

Hi Sandra!
Wil net seker maak, die kinder groep tyd is wanneer daar diens is vir mamma en pappa? so terwyl ons kerk hou het hulle kindergoep?

sien julle dan vrydag aand.

Anonymous said...

Mariette ja die groepie is terwyl pappa en mamma in die kerk is. Sien uit daarna om julle en Christiaan Vrydagaand te sien

Anonymous said...

Hi Sandra

Wil net se dankie vir julle wonderlike werk met die kinders. Dit is 'n 'blessing' om rustig te wees deur die diens (sonder die kinders!!).

Corlea
(Rico & Role se mamma)