Wednesday, February 20, 2008

ECC - Ons hoor en sien hoe groot God is

Hierdie week het ons 'n bietjie weggebreek van die gewone lessies. Eerstens omdat ons klaar gemaak het met ons boekie en tweedens om 'n ongelooflike DVD "How Great is Our God" te kyk. Sommer net omdat ons kan het ons ook van ons ou-ou liedjies opgediep om te sing en was dit lekker om te sien hoe almal die sang geniet. Klein Emma het een van haar dvd's vir ons gebring en self lekker saam gedans en sing. Tannie Helene het hierdie een geniet kyk net! Die groepie meisies het ook lekker saamgesing en wat julle nie sien nie, is ons seuns en tieners wat ook lekker saamsing en dans (julle kry vandag af van die foto's). Die kleuters het hulle gewone lessie gehad en vanaand het tannie Corinne hulle vertel van Moses en die Goue Kalf. Kyk net hoe mooi luister hulle. Wat vertel hierdie gesiggie vir julle? Emma en haar mamma luister ook mooi na die storie.


Die res van die klomp het gefliek en ek hoop om binnekort 'n stukkie te plaas waar die kinders vir ons in hulle woorde sĂȘ wat hulle van die dvd gedink het.

Donderdag is dit tyd vir kamp en dan het ons vir julle klomp dinge om te vertel!!

No comments: