Sunday, April 27, 2008

ECC - Ouerbrief 28 April

Inligting vir ons groep vir hierdie week is as volg:

Kleuters

Ons storie gaan oor Daniel hierdie week en ek hoop dat julle sal kom luister. Tannie Corine het ook 'n speletjie en/of aktiwiteit vir julle

6 - 12 Jariges

Les#9 van ons studie handel oor Life-Change, why did God give us the Bible?

Kom ons kyk of al die maats hierdie week hier kan wees. Die versie om te leer is 2 Kor 5:17 in Engels of Afrikaans.

Op ons tema van die Bibel, hier is 'n anogram vir julle om te doen. Dit sal mooi oopmaak as julle daarop kliek. Kom ons kyk wie van julle kry alles reg .... daar is 'n prys!

En dit is in Engels vir julle outjies wat sukkel met die Afrikaans lees. Ek help julle met die eerste woord. Die geskommelde letters hrttu staan vir truth.

Sien dit is maklik. Bring julle voltooide papier saam.

Tieners ons fliek vanaand. Bring ietsie om te eet en te drink terwyl julle kyk. Hoop om julle almal te sien.

Ons groepie sluit einde Mei vir die somervakansie en ek hoop al die kinders se die volgende vier weke getrou bywoon. Dankie vir u ouers se samewerking.

No comments: