Wednesday, May 21, 2008

ECC - Hoe kan ons die Bybel met ander deel?

En so het nog 'n jaar en boekie tot 'n einde gekom. Die laaste deel van ons jaar het ons die Discipleland Adventures gedoen en ons laaste lesse vanaand was Hoe ons die Bybel met ander kan deel. Vir oulaas is daar lekker gesing en gedans. Van ons meisies besig om tannie Corine se "gunsteling" liedjie Father Abraham te sing :-). Hierdie klomp sing lekker aan een van ons gunstelinge "Wonder God". Emma steek weg vir die kamera kan julle haar sien? Is daar iets met die tieners verkeerd dat hulle so na hulle koppe beduie? Emma was vanaand weer terug by die kleintjies en hier is sy en haar mamma besig om bakstene te maak. TJ en tannie Corine werk ook hard aan hulle bakstene. Hulle het die muur gebou en TJ wys vir my watter bakstene hy gemaak het. Tannie Heleen se groepie werk ook hard aan hulle boekies wat hulle maak. Die seuns is nie baie lus vir die kamera nie, hulle werk liewers aan hulle boeke. Tannie Charmaine se groepie besig met hulle plakkaat van Open 7:9-10. Elkeen van hulle het hard gewerk. Daleen help om die mense met aartappeldruk te maak. Claudia werk hard aan die wolke. Ami maak die lam. Clark by die eindproduk - "Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep "Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam" Tannie Charmaine het vir elkeen van haar kinders 'n geskenkpakkie met eetgoedjies gegee. Hier loer Daleen en Ami wat binne-in is. Die tieners het ook vanaand hulle laaste les van die Dare to be a Daniel gedoen en daarna het ons mekaar se voete gewas. Hier was Lizelle Devon se voete. Jessica was Nelmari se voete en dis Armand se beurt om Rikus se voete te was. Volgende week is ons afsluiting!

3 comments:

Anonymous said...

Hi Sandra



Ons lees dit. Altyd iets om na uit te sien.



Groete

Anton du Preez

Anonymous said...

Ek lees en kyk foto's gereeld op die blog. Geniet dit baie, baie dankie vir die moeite. Sekkie

Anonymous said...

Liewe Sandra

Baie dankie vir die wonderlike blog. Ons gaan gereeld daarop in, en ook die link vir die familie in Suid Afrika gestuur sodat hulle ook kon loer. Baie dankie vir jou en al die vriendelike juffrouens se harde werk en baie bederf. Megan en Ami sien elke week uit na die Sondagskool op Maandag aande !

Groete

Sandra Tremblay