Saturday, November 1, 2008

Ons luister na ons afrigter en pasop wat ons se

Nie al ons maats daag vanaand op vir groep nie, maar ons is geseen met die kinders wie se ouers hulle gebring het. Die kleintjies se lessie gaan oor oa klanke en hoe ander ons hoor, dus sing ons "Pasop kleine mondjie wat jy se" en "Keer jou tong van kwaadpraat". Vanaand het ons ons eie orkes wat saamspeel en "goeie" klanke maak. Ons hou mooi dop wanneer ons moet speel. Dis nie maklik nie hoor .... kyk net hoe konsentreer Nicholas met die driehoek. Die groter kinders maak bietjie harder klanke (lees lawaai). Almal sing en dans nou lekker saam. Ons nuwe maatjie Dylan beweeg ook al vir 'n liedjie saam. Kyk hoe lekker dans hierdie klompie. Daleen en Luandi swaai net so lekker saam. God is lief vir ons almal en ons is V I P's for G O D !! Die kleintjies doen die laaste stukke oor die kleur Swart (Sonde) vanaand. Ons kry elkeen 'n foonprentjie waarop ons verskillende kleure/geure moet plak. (Sout, suiker, jellie, speserye) terwyl ons daaraan proe ook. Ons hoor van soet, sout en bitter en hoe ons woorde lekker en slegte smake kan wees deur mooi of lelike goed te se. Dan luister ons na die storie uit die sonde-boek en hoe ons vir Jesus kan vra om ons sonde weg te vat sodat ons Sy kind kan wees. Om by ons lessie te pas, kry ons elkeen van die "pop-in-ons-mond-lekkers" om te proe en hulle reaksie was so oulik. Dylan is verstom oor die geluide wat sy mond maak ... Liam kan ook nie glo dat sy mond so klink nie. Nika het niks gehou van die goed wat in haar mond aangaan nie. Chane het dit net rustig aanvaar. Duidelik 'n ou hand met hierdie lekkers, wou Nicholas liewers die regte geur he. Die ouer kinders is nog besig met hulle amazing race en vanaand moet hulle 'n hindernisbaan doen waar hulle slegs gelei word deur mondelinge instruksies. Dis maar moeilik as jy nie weet wat aangaan nie ... maar met die Here as ons afrigter kan ons baie hindernisse oorkom as ons net na Sy stem luister. Dan praat ons oor die belangrikheid van 'n afrigter en hoekom dit belangrik is om 'n afrigter vir die wedloop van die lewe te he. As voorbeeld hoor ons van Samuel wat deur Eli "afgerig" was. (1 Sam 3:1). En Samuel het geleer hoe om na God te luister.
Die maats kry almal kans om die versie in hulle log-boek te skryf met hulle eie naam ... "Praat, Here, u dienaar _______ luister!"

1 comment:

Jan and Miekie said...

Ek kon nou die dag nie die comments oopmaak nie en het toe 'n kommentaar op my blog se kommentare gelos... Weet nie wat gebeur het nie. Het nou-nou ook 'n kommentaar probeer los, maar dit verdwyn toe voor ek die kon publish? Of het dit deurgegaan? In alle geval hier is dit nou: ek dink julle groep lyk baie oulik! Wonderlike werk - herhinner baie aan wat ek vir baie jare gedoen het.