Friday, January 23, 2009

Die kwaad kan oorwin word

'n Regte wintersaand in die dorp en min van ons kinders daag op vir groep. Dit verhinder ons egter nie om nog steeds 'n lekker aand te he nie en om God met lofsang te prys en in die lessies meer van Hom te leer nie

.


In plaas van foto's terwyl ons sing, 'n video van 'n paar kinders waar hulle "King of Love" sing. Dis 'n liedjie wat ook met gebaretaal gesing word en hoe cool is dit nie om te dink dat iemand wat nie kan hoor nie, die woorde kan volg en saam met ons God so kan prys...nie net met ons mond nie maar met ons hele lyf!
Ons is nog steeds in Narnia en ons leer dat ons die kwaad kan oorwin. En soos Edmund wil ons wanneer die verandering plaasvind, die hele wereld wys dat ons God se kinders is. Om ons versie van die week te leer moet ons die ballonne bars om die dele van die versie te kry en dit is geen maklike taak nie. Liam sit op die ballon en probeer dit stukkend sit maar lag meer as iets anders. Klein TJ besluit die stoel is te hoog en hy bly sommer op die vloer maar die balllon wil nie altyd stil "staan" nie. Daleen het na vele probeerslae 'n ander taktiek. Sy sit die ballon onder die stoel se poot, druk haar ore toe en wag vir die BARS! Die ander het op die einde ook hierdie taktiek gevolg. En eintlik is al die papiertjies uit die ballonne en kan die maats die versie uitpak en leer. Die klompie maak ook mooi gekleurde kruise. Ons tieners het verlede week die vraag gehad "Wat maak ek hier" en vandag gaan ons les oor "Connecting your heart to others" Ons praat oor oa, ons verhouding met God, Wanneer was die eerste keer dat ons gehoor het God is lief vir ons" Hoe kan vriendskappe ons verhouding met God beinvloed" (Foto's van hierdie klomp is eksklusief en baie skaars, al is hulle so 'n mooi klompie kinders bymekaar :-)). Volgende week dat doen ons "Growing to be like Jesus"!

1 comment:

Muriel said...

Ai Sandra dis wondelike werk wat julle hier doen! Mens sien sommer dat die kindertjies dit baie geniet en dat hulle baie lief is vir God!

Julle is baie special! En Nelmari is so pragtig, sy kruip baie vinnig in mens se hart in met haar innemende geaardheid. Kyk net hoe lief is die kinders vir haar!

Ek het heerlik op hierdie blog rondgekuier!!