Saturday, April 5, 2008

Ons hoor hoe om diensbaar te wees

Met eksamens en vakansie nou orals in die dorp was daar tog 'n groepie kinders wat opgedaag het vir groep vanaand. Dis altyd lekker om die kinders te sien en lekker om te sien as hulle bly is om daar te wees. Hierdie week kon Ilene nie wag om te begin nie - sy was iewers ons verjaarsdagmaat ook verlede week.
Die groepie besig om Carry the Light te sing.
Kyk net hoe lekker sing Carmen en Ilene saam!
Die meisies luister na tannie Charmaine. Sy vertel hoe om te sterf met Christus en diensbaar en lig te wees. (Ek het ongelukkig nie foto's kon neem met hul aktiwiteit nie)
Die kleintjies luister ook na 'n storie oor die dissipels. Hier gee Carmen haar weergawe van die storie vir die ander twee.

Ons kry verversings na die groep terwyl ons vir mamma en pappa wag om ons op te tel.