Showing posts with label Byeenkoms. Show all posts
Showing posts with label Byeenkoms. Show all posts

Monday, October 22, 2007

ECC - Wie volg vir Jesus?

Ons lessie hierdie week was "Wie volg Jesus" en ons het gehoor dat Jesus se volgelinge van Hom moes leer en Hom dien.

Soos altyd begin die kinders met Lofsang en een van die liedjies wat hulle sing is I'm following Jesus! Daarna kyk hulle na 'n stukkie van "The Story of Jesus for Children" dvd waaroor die les gaan.
Charmaine en haar groepie werk in hulle boekies en luister wat sy vertel en verduidelik.

Daarna trek hulle hul voet af op 'n stuk papier om te wys dat hulle vir Jesus gaan volg.

Hierdie klompie leer ook dat ons moet Jesus ken om Hom te volg!

(Dankie vir die foto's Heleen, ek waardeer!)

Tuesday, October 9, 2007

ECC - Ons leer van gehoorsaam wees

Weer was ons bywoning nie so goed nie, maar almal het lekker saamgewerk en meer maatjies het vandag probeer om die versie op te sê. Sien by ons sterre van die week. Dankie ouers!!


Vier van ons dogters besig om te sing en dans

Klein Mia soek nog klein maatjies om saam met haar groep te hê.

Hier is Helene se groepie hard aan die werk in hulle boekies

Die middelgroepie se lessie was vanaand "Hoe gehoorsaam ons God". Die kinders het gehoor van hoe Jesus opgegroei het en altyd gehoorsaam aan God was. Daleen en Amy besig om "vissies" te vang.
Die tieners (met hulle rug na die kamera natuurlik) het vanaand les 2 in hulle studie gedoen...Purpose to be faithful to God.

Ons kyk na ons gunsteling kosse en of dit goed of sleg is. Daarna luister ons musiek van Hillsong United en lees uit Daniel 1:5-16 voordat ons 'n stukkie dvd kyk.

Ons stel 'n "spyskaart" op vir 'n Babylonian Buffet - al die verkeerde versoekings. Ons huiswerk is oa om neer te skryf en te dink oor al die regte versoekings wat Jesus wil hê ons moet "eet" en deel van ons elke dag moet maak. (Meer oor die huiswerk in 'n aparte blog vir die tieners)

Ouers neem asseblief kennis dat daara volgende Maandagaand GEEN kindergroep is nie. Eerstens is dit Eid vakansie en tweedens is van ons groepleiers op 'n jeug konferensie in Dubai vir 4 dae. Sien julle weer 22 Oktober!!!!

Monday, September 3, 2007

ECC - Inligting oor ons Eerste Byeenkoms

Liewe Ouers

Ons hoop dat u al reeds gereeld hier op die blog kom inloer. Hier is solank 'n bietjie nuus oor ons eerste byeenkoms vir die nuwe Abu Dhabi Jaar.

Hou solank die 17 September 2007 oop vir ons eerste byeenkoms

Wat : PIEKNIEK !!!

Waar : Die Parkie by die Cornish aan Salam Straat se kant (Dolfyn fontein)

Tyd : 18:30

Ook : Speletjies vir ALMAL wat wil en kan saamspeel

Wie : Al ons Suid-Afrikaanse maats en hulle ouers. Bring nuwe intrekkers saam!!

Meer inligting oor DIE PIEKNIEK word nader na die tyd weer deurgegee.

Kyk 'n bietjie hier na foto's van 'n vorige piekniek deur die tieners




In die volgende week of twee totdat die groep begin, sal ons vir u ook inligting deurgee van watter program ons beplan om te volg.

Laat weet vir ons of julle enige idees het vir speletjies ens.